Olimpiese Spele
groot internasionale multisportgeleentheid georganiseer deur Internasionale Olimpiese Komitee / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Olimpiese Spele (ou Grieks: τά Ὀλύμπια, ta Olýmpia, "die Olimpiese Spele"; moderne Grieks: ολυμπιακοί αγώνες, olymbiakí agónes, "die Olimpiese Kompetisies") bestaan uit twee internasionale sportkompetisies wat elk elke vier jaar gehou word, naamlik: die Somerspele en die Winterspele. Tot en met 1992 was beide die spele in dieselfde jaar gehou, maar sedertdien word hulle met twee jaar intervalle aangebied.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5c/Olympic_rings_without_rims.svg/320px-Olympic_rings_without_rims.svg.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/50/Winter_olympics_all_cities.svg/640px-Winter_olympics_all_cities.svg.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/57/Olympic_torch.jpg/170px-Olympic_torch.jpg)
Die slagspreuk van die Olimpiese Spele is Vinniger, Hoër, Sterker — Saam, of dan Citius, Altius, Fortius — Communiter in Latyn.