Robbeneiland-vuurtoring

From Wikipedia, the free encyclopedia

Robbeneiland-vuurtoringmap

Die Robbeneiland-vuurtoring is 'n vuurtoring op Robbeneiland in Tafelbaai naby Kaapstad.

Thumb
Die Robbeneiland-vuurtoring.
Thumb
Kaart van Robbeneiland wat ook die ligging van die vuurtoring aandui.

Geskiedenis

Dit is in Januarie 1865 voltooi en is op die hoogste deel van Robbeneiland, Mintoheuwel, geleë. Voor die oprigting van die vuurtoring is vure op die heuwel gemaak om seevaarders teen die eiland se ligging te waarsku en die heuwel het dan ook as Vuurberg bekend gestaan.[1]

Die eerste navigasielig (Nederlands: "‘vuyrbaecken") suid van die ewenaar was ook die eerste poging tot 'n vuurtoring in Suid-Afrika. Dit was eintlik maar net 'n houtstellasie waarop brandende pikringe snags geplaas is. Omdat pikringe onekonomies was is daar oorgeslaan na houtvure en later steenkool. In die 18de eeu is waskerse gebruik.

Die eerste werklike vuurtoring in Suid-Afrika is die nag van 12 April 1824 in werking gestel. Dit was by Groenpunt in Tafelbaai. Die lamp van hierdie vuurtoring het met walvisolie gebrand.

Flitsende vuurtoring

Die vuurtoring wat in 1865 opgerig is, is die enigste vuurtoring in Suid-Afrika wat flits en nie draai nie. Die vuurtoring is 18 meter hoog en is in 1938 geëlektrifiseer. Die lig kan 25 kilometer ver gesien word.[2]

Verwysings

Sien ook

Bron

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.