From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Noordwes-Universiteit (bynaam "Pukke"), voorheen bekend as die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (afgekort: P.U. vir C.H.O.), voordat dit met ander instellings saamgesmelt het om die Noordwes-Universiteit te vorm, is in 2004 gestig. Dit is ’n medium grootte Suid-Afrikaanse universiteit. Onderrig geskied hoofsaaklik in Afrikaans op die Potchefstroom-kampus en in Engels op die ander kampusse, naamlik Mafikeng en Vaaldriehoek (Vanderbijlpark).
Noordwes-Universiteit | |
---|---|
North West University Yunibesiti ya Bokone-Bophirima | |
Motto: | Innovasie deur diversiteit |
Gestig: | 2004 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Vise-Kanselier: | Prof. Dan Kgwadi |
Rektor: | Prof. Daryl Balia |
Fakulteite: | 15 |
Studente: | 54 307 (2010) (insl. afstand) |
Voorgraadse studente: | 51 967 (2010) |
Nagraadse studente: | 2 340 (2010) |
Ligging: | Potchefstroom Mahikeng Vereeniging, Noordwes, Suid-Afrika 26°39′13″S 27°11′11″E |
Voormalige name: | Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys Universiteit van Noordwes |
Koerant: | Die Wapad |
Sport: | Aërobiese oefeninge, Atletiek (Baan en veld, landloop en padwedlope), Basketbal, Gholf, Gimnastiek, Hokkie, Judo, Kanovaart, Karate, Krieket, Muurbal, Netbal, Pluimbal, Ringbal, Rotsklim, Rugby, Sagtebal, Skaak, Sokker, Swem, Taekwondo, Tafeltennis, Tennis, Veelkampe, Vlugbal. |
Kleure: | Maroen, groen, blou |
Bynaam: | Pukke |
Gelukbringer: | Tarentaal |
Atletiek: | NWU-PUK |
Webtuiste: | http://www.nwu.ac.za/ |
Die Potchefstroomse Universiteit het ontwikkel uit die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA), wat op 29 November 1869 op Burgersdorp (Kaapprovinsie) gestig is met die grondlegger van die GKSA, ds. Dirk Postma, as eerste lektor. By die stigtingsvergadering is besluit dat die skool onderrig sal verskaf aan toekomstige onderwysers en ander persone, sonder om enige voorkeur aan ’n spesifieke professie te gee. Aanvanklik was daar vyf studente en twee lektore, Postma en ds. Jan Lion Cachet.
In 1877 word ’n "Letterkundedepartement" gevestig, met een professor, ds. Petrus Postma, 'n seun van ds. Dirk Postma, wat die spesifieke doel gehad het om studente op te lei vir ’n akademiese graad of as onderwysers.
In 1905 word die Teologiese Skool, tesame met die Letterkundedepartement, verskuif van Burgersdorp na Potchefstroom.
Ten einde te kwalifiseer vir regeringsubsidies, word die Letterkundedepartement in 1919 van die Teologiese Skool geskei en die Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs (afgekort tot PUK) ontstaan. Daar is besluit dat die PUK ’n hoër onderriginstituut, onafhanklik van die GKSA, sal wees, alhoewel die PUK sou voortgaan om predikante vir die GKSA op te lei.
In 1921 word die Potchefstroomse Universiteitskollege (sonder die "vir Christelike Hoër Onderwys" agtervoegsel) geïnkorporeer by die Universiteit van Suid-Afrika; die PUK het eers in 1933 die "vir Christelike Hoër Onderwys" as deel van sy naam teruggekry.
Die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys word amptelik in 1951 as ’n onafhanklike universiteit erken en hernoem tot Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.
In 1966 word die Vaaldriehoek-kampus gevestig in Vanderbijlpark, ten einde tersiêre onderrig in hierdie omgewing te verskaf.
In 2004 smelt die Potchefstroomse Universiteit saam in die Noordwes-Universiteit. Die ander twee kampusse is in Mahikeng en in Vanderbijlpark.
Die Potchefstroomse Universiteit het kursusse verskaf en die Potchefstoomkampus van die Noordwes-Universiteit gaan voort om dit te verskaf, in die volgende fakulteite (die jaar waarin die fakulteit gestig is, word in hakies aangedui):
Die universiteit se "Alabama Studentegeselskap", ’n musiekrevue-groep, gestig in 1943 en ontbind in 2008, is dwarsoor Suid-Afrika bekend. Die Potchefstroomse Universiteitskoor is wêreldbekend en was vir meer as 30 jaar onder leiding van prof. Awie van Wyk.
In Augustus 2004 het die Potchefstroom kampus van die Noordwes-Universiteit 33 713 studente gehad. Hiervan was 13 021 manlik en 20 692 vroulik. Daar was 31 300 voorgraadse studente en 2 413 nagraadse studente.
Voorbeelde van tipiese projekte wat aangepak is:
Die Republiek van Tarentaal is in 1972 gestig met John Vorster as die eerste president.[4] Hierdie fiktiewe "republiek" se kultuurerfenis en geskiedenis was gebruik as 'n voertuig om eerstejaarstudente tuis te maak op die kampus, asook in te lei in die sosiale studentelewe op die Puk. Republiek van Tarentaal was veral aktief op die kampus tydens die sg. "ontgroeningseremonies" ('n tipe inisiasie) van eerstejaars elke jaar in Januarie. Laasgenoemde was 'n stokou tradisie wat in die 1990's afgeskaf (eintlik verbied) is, a.g.v. berugte wanpraktyke van seniors teenoor nuwelinge (onder die dekmantel van ontgroening), wat die universiteit se beeld na buite geskaad het.
Dit is ’n liefdadigheidsorganisasie waar al die eerstejaars, in hul koshuisverband, met hul self-geboude vlotte deur die strate van die dorp beweeg en geld insamel vir 'n goeie doel.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.