Nederlandse nasionale sokkerspan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nederlandse nasionale sokkerspan (Nederlands: Nederlands voetbalelftal) is die mans-sokkerspan wat Nederland in internasionale kompetisies verteenwoordig.
Die het die Europese sokkerkampioenskappe in 1988 gewen, en bereik in 1974, 1978 en 2010 die finale van die Sokker-Wêreldbeker. Nederland is op 31 Maart 2022 tiende op FIFA se wêreldranglys, nadat hulle heel bo-aan was in Augustus 2011.[1]