![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/9/97/Logo_Namibia_Rugby.svg/langaf-640px-Logo_Namibia_Rugby.svg.png&w=640&q=50)
Namibiese nasionale rugbyspan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Namibiese nasionale rugbyspan is die nasionale rugbyspan wat Namibië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Namibië geadministreer deur die Namibiese Rugbyunie (NRU) wat in 1990 gestig is. Hulle dra die bynaam Welwitschias, genoem na die Welwitschia. Namibië word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Die Namibiese rugbyspan is tans (Januarie 2024) 22ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Die span word as die naasbeste Afrikarugbyspan ná die Suid-Afrikaanse Springbokke beskou.
Namibië | ||||
![]() | ||||
Unie | Namibiese Rugbyunie (NRU) | |||
Bynaam(e) | Welwitschias | |||
Embleem | die visarend | |||
Stadion | Hage Geingob Rugbystadion, Windhoek | |||
Kapasiteit | 10 000 | |||
Afrigter(s) | ![]() | |||
Kaptein(s) | Johan Deysel | |||
|
||||
Statistiek | ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | Eugene Jantjies (70)[1] | |||
Meeste toetspunte | Theuns Kotzé (430)[2] | |||
Meeste drieë | JC Greyling (29)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
![]() ![]() (Windhoek, Namibië; 5 Julie 1955) ![]() ![]() (Windhoek, Namibië; 21 Maart 1990) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
![]() ![]() (Windhoek, Namibië; 23 Junie 2018) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
![]() ![]() (Adelaide, Australië; 25 Oktober 2003) | ||||
Wêreldbeker | ||||
Verskynings | 7/10 (Eerste in 1999) | |||
Beste uitslag | Vierde in groep in 2019 | |||
Unie webwerf | ||||
www.nru.com.na |
Rugby in Namibië dateer uit die Suid-Afrikaanse besetting van die destydse Suidwes-Afrika en word sedertdien sterk deur dié suidelike buurland beïnvloed. Van 1954 af het die Suidwes-Afrikaanse keurspan deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Curriebeker en sedert 1955 het hulle in die hoofstad Windhoek ook nasionale spanne verwelkom, wat Suid-Afrika besoek het. In 1990 het hulle kort ná die Republiek van Namibië se onafhanklikwording in 1990 in hul eerste toetswedstryd gespeel. Namibië het tot dusver vir sewe van die tien rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer, maar hulle is elke keer in die eerste rondte uitgeskakel. Hulle het tydens die Afrikabeker nege titels ingepalm en twee keer as naaswenner geëindig. Die Namibiese span speel tradisioneel in donkerblou truie met wit broeke en helderblou sokkies.