Namibiese rugbyspeler From Wikipedia, the free encyclopedia
Eugene Jantjies (gebore 10 Augustus 1986 in Gobabis) is 'n Namibiese rugbyspeler.
| |||||
Volle naam | Eugene Anthony Jantjies | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 10 Augustus 1986 | ||||
Geboorteplek | Gobabis, Namibië | ||||
Lengte | 1,77 m | ||||
Massa | 90 kg | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Skrumskakel | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012 | Luiperds | 6 | |||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2006– | Namibië | 41 | 40 |
Hy het vir die Western Suburbs klub gespeel vanaf 2004 tot 2007. Daarna verhuis hy na Farul Constanţa, vir die Roemeense Rugbykampioenskap, waar hy van 2008 tot 2010 gespeel het, en weer van 2012 tot 2014. Hy het in 2010 en 2011 vir die Namibiese span in die Suid-Afrikaanse Vodacombeker gespeel, en vir die Suid-Afrikaanse Luiperds in die 2012 Vodacombeker. Hy het vir die 2013- en 2014-seisoen na Farul Constanţa teruggekeer voordat hy vir 2015 by Dinamo București aangesluit het.
In 2016 het hy na Namibië teruggekeer om vir die Welwitschias in die Curriebeker Eerste Afdeling 2016 te speel.
Jantjies het sedert sy debuut in 2006 gespeel in Windhoek teen Kenia. Hy het al 67 wedstryde vir Namibië gespeel, wat die algehele nasionale rekord vir die meeste getal toetse is. Hy het vier drieë gedruk, 15 omskakelings, 8 strafskoppe en een doelskop (77 punte).
Hy het gespeel in die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk. Hy het weer gespeel in die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland, en in die Rugbywêreldbeker 2015 in Engeland in 2015, waar hy in drie wedstryde gespeel en 'n drie gedruk het teen Argentinië.
Sy keuring vir Rugbywêreldbeker 2019 in Japan maak hom die eerste Namibiër wat in vier RWC-toernooie verskyn.
Jantjies se 50ste toetswedstryd was die oorwinning van 34-32 teen Spanje tydens die 2016 Wêreldrugby Nasiesbeker-toernooi in Boekarest.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.