Mosambiekse Vryheidsoorlog
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mosambiekse Vryheidsoorlog was 'n gewapende konflik tussen die guerrillamagte van FRELIMO (Frente de Libertação de Moçambique) en Portugal. Die oorlog het amptelik op 25 September 1964 begin en met 'n skietstilstand op 8 September 1974 tot 'n einde gekom. 'n Onderhandelde onafhanklikheid is in 1975 beklink.
Mosambiekse Vryheidsoorlog | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Portugese koloniale oorlog | |||||||||
Portugese troepe op patrollie in Mosambiek | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
FRELIMO
Ondersteun deur: |
Portugal
Ondersteun deur: | ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
Eduardo Mondlane (1962–69), Joaquim Chissano (1962–75), |
António Augusto dos Santos (1964–69), | ||||||||
Sterkte | |||||||||
~10 000–15 000[32][33] | 50 000 op 17 Mei 1970[34] | ||||||||
Ongevalle en verliese | |||||||||
10 000–35 000 gesneuweldes[35] | 3 500 gesneuweldes[35] | ||||||||
~50 000 burgerlikes gedood[35] |
Portugal se oorloë teen vryheidsvegters in sy 400 jaaroue Portugese Ryk, het in 1961 met die Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid begin. In Mosambiek het die konflik in 1964 begin met onrus en frustrasies onder baie van die inheemse Mosambiekse bevolkings, wat die buitelandse regeerders as 'n vorm van uitbuiting en onderdrukking beskou het, wat net tot voordeel van die Portugese ekonomie gestrek het. Baie Mosambiekers het ook die Portugese se beleid teenoor die plaaslike bevolkings geminag, wat neergekom het op diskriminasie, en beperkte toegang tot die Portugese lewenstyl-opvoeding en geskoolde werksgeleenthede.
Namate suksesvolle selfbeskikkings-bewegings na die Tweede Wêreldoorlog regdeur Afrika posgevat het, het talle Mosambiekers progressief nasionalisties in hul politieke denke begin raak, en toenemend gefrustreerd geraak met die onderdanigheid waaronder hul volk aan 'n buitelandse regeerder uitgelewer was. Aan die ander kant was daar weer die gekultiveerde inheemse Afrikane wat ten volle by die sosiale kringe van die Portugese-Mosambiekers ingeskakel was – veral diegene in die stedelike sentra – wat met gemengde gevoelens, ongemak en agterdog, die eise vir onafhanklikheid, beskou het. Die etniese Portugese van die gebied, wat meestal die regerende owerheid was, het met 'n toename in militêre teenwoordigheid en vinnige ontwikkelingsprojekte hierop gereageer.
'n Massa-uittog van Mosambiek se intelligentsia na naburige lande het veilige hawens vir radikale Mosambiekers geskep waarvandaan aksieplanne opgestel, en politieke onrus in hul geboorteland gestook kon word. Die stigting van die guerrilla-organisasie FRELIMO en die steun van die Sowjetunie, China, Kuba, Joego-Slawië, Bulgarye, Tanzanië, Zambië, Egipte, Algerië, en Moeammar al-Ghaddafi se regering in Libië met wapens en raadgewers, het gelei tot die uitbreek van geweld wat vir meer as 'n dekade voortgewoed het.
Uit 'n militêre oogpunt, het die Portugese Weermag die oorhand behou oor die guerrillamagte. Desnieteenstaande, slaag Mosambiek daarin om sy onafhanklikheid op 25 Junie 1975 te verkry toe 'n burgerlike opstand in Portugal, genaamd die Angelier-rewolusie, die militêre diktatuur, wat deur die Verenigde State ondersteun is, omver gewerp het. Dit was die einde van Portugal se 470 jaar van koloniale heerskappy in die Oos-Afrikastreek. Volgens geskiedkundiges was die staatsgreep in Portugal in 'n mate deur die opstande oor die Portugese troepe se slegte behandeling van die Mosambiekse plaaslike bevolking aangevuur.[36][37][38]