Rhodesië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Rhodesië (Engels: Rhodesia, sedert 1970 amptelik Republiek van Rhodesië, Engels: Republic of Rhodesia; genoem na Cecil Rhodes) is die naam van 'n voormalige selfregerende Britse kolonie in Suider-Afrika wat ná 'n eensydige onafhanklikheidsverklaring deur 'n wit minderheidsregering regeer is. Met die beëindiging van hierdie bewind het die kolonie amptelik onafhanklikheid verkry as Zimbabwe. Gedurende 'n vroeëre tydperk is die naam "Rhodesië" gebruik om te verwys na 'n groter gebied wat beide Zimbabwe (Suid-Rhodesië) en Zambië (Noord-Rhodesië) ingesluit het.
- Hierdie artikel handel oor die land Rhodesië, wat vandag as Zimbabwe bekend staan.
| |||||
| |||||
Leuse: Sit Nomine Digna (Latyns vir: "Mag sy die naam werd wees") | |||||
Volkslied: Rise, O Voices of Rhodesia (1974–1979) Koninklike volkslied: God Save the Queen (1965–1970) | |||||
Suid-Rhodesië op die gebied van die huidige Republiek Zimbabwe | |||||
Hoofstad | Salisbury | ||||
Taal/Tale | Engels | ||||
Regering | Republiek | ||||
Monarg/President | |||||
- 1965–1970 | Elizabeth II | ||||
- 1970–1975 | Clifford Dupont | ||||
- 1976–1978 | John Wrathall | ||||
Eerste Minister | |||||
- 1965–1979 | Ian Smith | ||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Historiese tydperk | Koue Oorlog | ||||
- Stigting | 11 November 1965 | ||||
- Republiek verklaar | 2 Maart 1970 | ||||
- Onafhanklikheid | 1 Junie 1979 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1978 | 390 580 km2 150 804 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1978 skatting | 6 930 000 | ||||
Digtheid | 17,7 /km² 46 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Britse pond (1965–1970) Rhodesiese dollar (1970–1979) |