From Wikipedia, the free encyclopedia
Bevolkingsdigtheid (in Landbou: staande lewende hawe en oes op die lande) is 'n maatstaf van bevolking per eenheidsgebied of eenheidsvolume; dit is 'n tipe van hoeveelheid van aantal digtheid. Dit word gereeld by lewende organismes en in die meeste gevalle by mense toegepas. Dit is 'n belangrike geografiese term.[1]
Biologiese bevolkingsdigtheid is die bevolking verdeel deur die totale grondoppervlakte of watervolume, soos dit toepaslik is.[1] Dit is 'n mate van die aantal mense of organismes per eenheid area. Variasies hierop sluit in die bevolking per eenheid woonbare, bewone, produktiewe (of potensieel produktiewe) of gekultiveerde area. 'n Sekere geografiese gebied het 'n drakapasiteit, wat die maksimum bevolking voorstel wat onderhou kan word. Sekere waarnemers van menslike gedrag glo dat die idee van drakapasiteit ook op menslike bevolkings toegepas kan word, en dat omgekeerde bevolkingsgroei kan lei tot 'n "Malthusiese katastrofe"; hierdie standpunt word deur andere betwis.
Lae-densiteit kan 'n uitwissings-spiraal veroorsaak wat verder na verminderde vrugbaarheid kan lei. Dit is vernoem na die wetenskaplike wat dit geïdentifiseer het – die Allee-effek. Voorbeelde van die oorsake hiervan in lae-bevolkingsdigtheid sluit in:[2]
Met die berekening van mense word die bevolkingsdigtheid volgens die aantal mense in 'n gebied bepaal. Dit word gewoonlik per vierkante kilometer of vierkante myl bereken (dit kan, byvoorbeeld water- of gletsergebiede insluit, of uitsluit). Oor die algemeen word dit vir 'n distrik-, stad-, land-, vir 'n gebied-, of vir die hele wêreld bereken.
Die wêreld se bevolking is sowat 7,000,000,000[3] en die Aarde se totale gebied (insluitende land en water) is 510,000,000 vierkante kilometer (197,000,000 vierkante myl).[4] Die wêreldwye mensbevolkingsdigtheid is dus sowat 7,000,000,000 ÷ 510,000,000 = 13.7 per vierkante kilometer (35 per vierkante myl). Indien net die Aarde se landoppervlakte van 150,000,000 vierkante kilometer (58,000,000 vierkante myl) in ag geneem word, is die mens se bevolkingsdigtheid 47 per vierkante kilometer (120 per vierkante myl) meer. Dit sluit alle vastelande en eilande se grondgebiede asook Antarktika in. Met Antarktika uitgesluit, is die bevolkingsdigtheid meer as 50 mense per vierkante kilometer (meer as 130 per vierkante myl).[1] Meer as die helfte van die aarde se landmassa bestaan uit onherbergsame gebiede, wat nutteloos is vir menslike habitat, soos woestyne en hoë berge. Mense is geneig om rondom seehawens en varswaterbronne saam te trek. Daarom bied dié syfer dus nie juis enige behulpsame maatstaf van die mens se bevolkingsdigtheid nie.
Verskeie van die mees digbevolkte gebiede in die wêreld is stadstate, mikrostate, en, afhanklike gebiede.[5][6] Hierdie gebiede is relatief klein met hoë verstedelikingsvlakke, met ekonomies gespesialiseerde stadsbevolking wat ook op landelike hulpbronne van buite staatmaak. Dit bewys die verskil tussen hoë bevolkingsdigtheid en oorbevolking.
Stede met hoë bevolkingsdigtheid word, deur sommiges, as oorbevolk beskou, hoewel dit afhang van faktore soos die gehalte van behuising en infrastrukture en toegang tot hulpbronne.[7] Meeste van die digbevolkte stede is in Suidoos-Asië, Kaïro en Lagos in Afrika en val ook in hierdie kategorie.[8]
Streek | Bevolking | Gebied per vierkante kilometer | Digthteid (Bevolking per vierkante kilometer) |
---|---|---|---|
Indo-Gangetic Plain (Punjab, Pakistan tot Bangladesj en Assam) | 1 miljard | 1,000,000 | 1000 |
Groter Noord-Chinese Vlaktes | 600 miljoen | 700,000 | 857 |
Sichuan Basin | 110 miljoen | 250,000 | 440 |
Java (eiland) | 145 miljoen | 130,000 | 1115 |
Taiheiyo Belt (Japan) | 85 miljoen | 60,000 | 1417 |
Suid-oos Chinese kus (Guangdong, Hongkong, Fujian) | 140 miljoen | 100,000 | 1400 |
Nyldelta | 50 miljoen | 50,000 | 1000 |
Suid-Indië (Tamil NaduTamil, Pondicherry, Bangalore en Kerala) | 120 miljoen | 170,000 | 706 |
Wes-Indiese Kus (Maharashtra en Gujarat Kus) | 70 miljoen | 100,000 | 700 |
Colombiaanse Andes (Colombia) | 40 miljoen | 170,000 | 235 |
Noord-Europa (Benelux, Noordryn-Wesfale) | 44 miljoen | 110,000 | 400 |
Noord-Oos Amerikaanse Kus | 45 miljoen | 100,000 | 450 |
Suid-Sentraal Engeland | 40 miljoen | 60,000 | 667 |
Sentraal- Meksiko | 40 miljoen | 100,000 | 400 |
Luzo-eiland | 50 miljoen | 105,000 | 476 |
Suid-Korea | 50 miljoen | 100,000 | 500 |
Suidoostelike Brasiliaanse Kus | 50 miljoen | 100,000 | 500 |
Rangorde | Land/streek | Bevolking | Gebied per vierkante kilometer | Bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer |
---|---|---|---|---|
1 | Singapoer | 5,535,000 | 719 | 7698 |
2 | Hongkong | 7,234,800 | 1,104 | 6553 |
3 | Palestynse Owerheid | 1,816,379 | 360 | 5045 |
4 | Bahrein | 1,234,567 | 750 | 1646 |
5 | Bangladesj | 157,457,000 | 147,570 | 1067 |
6 | Republiek van China (R.O.C) | 23,361,147 | 36,190 | 646 |
7 | Mauritius | 1,288,000 | 2,040 | 631 |
8 | Libanon | 5,851,000 | 10,452 | 560 |
9 | Suid-Korea | 51,529,338 | 99,720 | 517 |
10 | Rwanda | 11,262,564 | 26,338 | 428 |
Rangorde | Land/streek | Bevolking | Gebied per vierkante killometer | Bevolkinsdigtheid per vierkante kilometer |
---|---|---|---|---|
1 | Bangladesj | 157,457,000 | 147,570 | 1067 |
2 | Republiek van China (R.O.C) | 23,361,147 | 36,190 | 646 |
3 | Suid-Korea | 51,529,338 | 99,720 | 517 |
4 | Rwanda | 11,262,564 | 26,338 | 428 |
5 | Nederland | 16,919,139 | 41,526 | 407 |
6 | Indië | 1,263,680,000 | 3,185,263 | 397 |
7 | Haïti | 10,413,211 | 27,750 | 375 |
8 | België | 11,239,755 | 30,528 | 368 |
9 | Filippyne | 102,078,300 | 300,076 | 340 |
10 | Japan | 127,290,000 | 377,944 | 337 |
Hoewel rekenkundige digtheid die algemeenste manier van meting vir bevolkingsdigtheid is, is daar verskeie ander metodes ontwikkel om 'n meer akkurate meting van bevolkingsdigtheid oor 'n spesifieke gebied te meet.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.