Algerië
Land in Noord-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Algerië (Arabies: الجزائر, al-Jazā'ir; Berbers: ⴷⵣⴰⵢⴻⵔ, Dzayer, Frans: Algérie), amptelik die Demokratiese Volksrepubliek Algerië (Arabies: الجمهورية الجزائرية الديمقراطية الشعبية; Berbers: ⵟⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵜⴰⵎⴻⴳⴷⴰⵢⵜ ⵜⴰⵖⴻⵔⴼⴰⵏⵜ ⵜⴰⵣⵣⴰⵢⵔⵉⵜ), is 'n groot, bergagtige land in Noord-Afrika en die grootste land van Afrika, effens groter as die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die grootste deel van die land lê in die Saharawoestyn met 'n smal kusvlakte aan die Middellandse See, noord van die Atlasgebergte. In die suidooste van Algerië is die Ahaggarbergreeks geleë. In die suide grens dit, van wes na oos, aan Wes-Sahara, Mauritanië, Mali, Niger en Libië. Die Middellandse See vorm die noordgrens. Dit vorm saam met Marokko en Tunisië, waartussen dit lê, die Magreb (of Tamazgha).
| |||||
Nasionale leuse: بالشّعب وللشّعب[1][2] (Arabies vir: "Deur die volk en vir die volk") | |||||
Volkslied: Kassaman (Arabies vir: "Ons belowe") | |||||
Hoofstad | Algiers | ||||
Grootste stad | Algiers | ||||
Amptelike tale | Arabies[2] en Berbers[3] | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Abdelmadjid Tebboune Nadir Larbaoui | ||||
Onafhanklikheid • Fenisiërs • Kartagers • Numidiërs • Romeinse Ryk • Koninkryk Altava • Ifranid-dinastie • Rustamid-dinastie • Sulaymanid-dinastie • Zirid-dinastie • Hammadid-dinastie • Zayyanid-dinastie • Al Jazâ'ir • Emiraat Abdelkader • Frans-Algerië • Verklaar • Erken • Huidige grondwet |
900 v.C. 801 v.C. 202 v.C. 25 v.C. 477 757 776 786 972 1014 1235 1516 5 Julie 1830 1832 3 Julie 1962 5 Julie 1962 10 September 1963 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 381 741 km2 (10de) 919 595 myl2 1,1 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2013-sensus - Digtheid |
45 400 000[4] (32ste) 37 900 000[4] 19 / km2 (171ste) 49,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,745[6] (91ste) – hoog | ||||
Gini (2011) | 27,6[7] – laag | ||||
Geldeenheid | Dinar (DZD ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .dz, الجزائر. | ||||
Skakelkode | +213 |
Algerië het 'n ou Berber-beskawing wat dateer uit die jaar 200 v.C. tydens die Berber-koninkryk Numidië. Algerië was tussen 1830 en 1962 'n kolonie van Frankryk. Die land het op 5 Julie 1962 onafhanklik geword.
Die hoofstad en grootste stad is Algiers. Die meeste mense woon in die breë, bergagtige kusstrook. In die suide is 'n deel van die noordelike Sahara. Die oorheersende godsdiens is Islam, maar die land het ook 'n klein persentasie Christene.