Millennium-stadion
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Millennium-stadion (Wallies: Stadiwm y Mileniwm), tans die Prinsdom-stadion (Wallies: Stadiwm Principality) genoem weens borgskapredes, is die nasionale stadion van Wallis. Dit is die tuisveld van die Walliese nasionale rugbyspan en bied ook op ’n gereelde grondslag wedstryde van die Walliese nasionale sokkerspan aan. Dit is aanvanklik gebou om deel te wees van die Rugbywêreldbeker 1999 en het sedertdien talle grootskaalse gebeure gehuisves, waaronder die Tsoenami-verligtingskonsert, die Super Special-fase van die Walliese Veldren Groot-Brittanje, die Speedway Grand Prix van Groot-Brittanje en talle musiekkonserte.
Millennium-stadion Stadiwm y Mileniwm | ||
Die West Stand van die Millennium-stadion | ||
Ligging | Westgatestraat, Cardiff, Wallis | |
---|---|---|
Koördinate | 51°28′41″N 3°10′57″W | |
Eienaar | Walliese Rugbyunie | |
Operateur | Walliese Rugbyunie | |
Kapasiteit | 74 500[1] | |
Oppervlak | Gras (1999–2014) Desso (2014–hede)[2] | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1997 | |
Geopen | 26 Junie 1999[3] | |
Boukoste | £121 miljoen | |
Argitek | Bligh Lobb Sportargitektuur, WS Atkins[4] | |
Huurders | ||
Walliese Rugbyunie (nasionale rugbyspan) Voetbalvereniging van Wallis (nasionale sokkerspan) |
Die Millennium-stadion word besit deur Millennium-stadion plc wat ’n filiaalmaatskappy van die Walliese Rugbyunie (WRU) is.[2] Die stadion is ontwerp deur ’n span wat gelei is deur Bligh Lobb Sportargitektuur wat vroeg in 2009 hernoem is na Populous. WS Atkins was die strukturele ingenieurs en Laing O’Rourke die boukontrakteur. Die totale konstruksiekoste van die stadion was £121 miljoen[5] waarvan die Millennium-kommissie £46 miljoon befonds het.[6]
Die stadion is in Junie 1999 geopen[3] en die eerste groot gebeurtenis wat plaasgevind het was ’n internasionale rugbywedstryd op 26 Junie 1999 tussen Wallis en Suid-Afrika in ’n vriendskaplike wedstryd waarin Wallis met 29–19 geseëvier het voor ’n skare van 29 000.[7] Met ’n totale kapasiteit van 74 500 is dit die derde grootste stadion in die Sesnasies-toernooi na Stade de France en Twickenham. Dit is voorts ook die tweede grootste stadion ter wêreld met ’n uitskuifbare dak en dit was die tweede stadion in Europa met hierdie funksie.[8][9]
Jaar | Wedstryd | Span | Telling | Span 2 | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
1999 | Poel D | Wallis | 23–18 | Argentinië | 72 500 |
Wallis | 64–15 | Japan | 72 500 | ||
Wallis | 31–38 | Samoa | 70 849 | ||
Argentinië | 33–12 | Japan | 36 000 | ||
Kwarteindstryd 2 | Wallis | 9–24 | Australië | 74 499 | |
Derde plek | Suid-Afrika | 22–18 | Nieu-Seeland | 50 000 | |
Eindstryd | Australië | 35–12 | Frankryk | 72 500 | |
2007 | Poel B | Wallis | 20–30 | Australië | 71 022 |
Fidji | 29–16 | Kanada | 45 000 | ||
Wallis | 72–18 | Japan | 35 245 | ||
Kwarteindstryd 2 | Nieu-Seeland | 18–20 | Frankryk | 71 669 | |
2015 | Poel A | Wallis | 54–9 | Uruguay | 71 887 |
Australië | 28–13 | Fidji | 67 253 | ||
Wallis | 23–13 | Fidji | 71 576 | ||
Poel C | Nieu-Seeland | 43–10 | Georgië | 69 167 | |
Poel D | Ierland | 50–7 | Kanada | 68 523 | |
Frankryk | 9–24 | Ierland | 72 163 | ||
Kwarteindstryd 2 | Nieu-Seeland | 62–13 | Frankryk | 71 619 | |
Kwarteindstryd 3 | Ierland | 20–43 | Argentinië | 72 316 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.