From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mikojan MiG-35 (Russies: Микоян МиГ-35, NAVO-verslagnaam: Fulcrum-F) is 'n Russiese vegvliegtuig wat 'n verdere ontwikkeling is van die MiG-29M/M2 en MiG-29K/KUB-vegters. Dit word geklassifiseer as 'n 4++ generasie vegvliegtuig deur Mikojan.[6] Die eerste prototipe was 'n wysiging van die vliegtuig wat voorheen gedien het as 'n MiG-29M2 demonstrasiemodel. In 2009 is tien prototipes gebou vir veldproewe.[7]
MiG-35 | |
---|---|
Tipe | Lugsuperioriteitsvegter, meerdoelige vegter |
Vervaardiger | Mikojan |
Ontwerp deur | Mikojan |
Nooiensvlug | 2007 |
Vrygestel | 2018 (beplan)[1] |
Status | Vlieg-toets / pre-reeks produksie[2][3][4] |
Hoofgebruiker | Russiese Lugmag Egiptiese Lugmag |
Aantal gebou | 8 (6 toets en 2 series)[5] |
Ontwikkel van | Mikoyan MiG-29M |
Die MiG-35 is die eerste keer amptelik deur die MiG-korporasie bekendgestel by die internasionale Aero India 2007-lugskou.[8] Die MiG-35 is amptelik onthul tydens die Russiese Minister van Verdediging, Sergej Iwanof, se besoek aan die Lukhovitsky masjienbouaanleg "MAPO-MIG".[9] Die enkelsitplekweergawe word aangedui as MiG-35 en die tweesitplekweergawe is die MiG-35D. Die vegter het aansienlik verbeterde avionika en wapenstelsels, veral die nuwe AESA-radar en die uniek-ontwerpte optiese opspoorstelsel (OLS), wat grondbeheerde onderskeppingstelsels oorbodig maak. Dit stel die vliegtuig ook in staat om onafhanklike multirolmissies uit te voer.
Daar is verwysings in die laat-1980's na 'n baie verskillende ontwerp wat ook geïdentifiseer was as "MiG-35". Hierdie ontwerp is 'n enkelmotorige aanvalsvliegtuig vir lug-tot-lug en sekondêre lug-tot-grondrolle. Volgens onbekende Indiese bronne, is die vliegtuig geëvalueer deur Indiese vlieëniers in die Sowjetunie en was waarskynlik voorgestel en ontwikkel as 'n alternatief vir die Indiese LCA op daardie stadium.[10]
Rusland onthul die MiG-35 by die Aero India-2007 lugskou in Bangalore,[11] te midde van Moskou se gretigheid om hierdie vliegtuie aan Indië te verkoop. Die MiG-35 was 'n aanspraakmaker saam met die Eurofighter Typhoon, F/A-18E/F Super Hornet, Rafale, JAS 39 Gripen en General Dynamics F-16 Fighting Falcon in die Indiese MRCA-kompetisie vir 126 veeldoelige vegvliegtuie wat aangeskaf sou word deur die Indiese Lugmag. Die MiG-35 is uitgeskakel in die wedloop in April 2011.[12]
Die MiG-35/MiG-35D toon vooruitgang op die MiG-29K/KUB- en MiG-29M/M2-vegters met verbetering in gevegsdoeltreffendheid, universaliteit en operasionele eienskappe.[6] Die belangrikste kenmerke van die nuwe ontwerp is die vyfde-generasie-inligtingwaarnemingstelsels, verenigbaarheid met Russiese en buitelandse wapentoepassings en 'n geïntegreerde verskeidenheid van verdedigingstelsels wat gevegsoorlewing verhoog. Die nuwe algehele ontwerp verbeter op die ontwerpkonsepte van die basislynmodel en stel die nuwe vliegtuig in staat om volskaalse multirolmissies uit te voer, net soos hul Westerse eweknieë.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.