Mesosaurus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mesosaurus (wat middel-akkedis beteken) is ’n uitgestorwe genus reptiele van die vroeë Perm van Suider-Afrika en Suid-Amerika. Saam met die genera Brazilosaurus en Stereosternum is dit lid van die familie Mesosauridae en die orde Mesosauria. Mesosaurus was lank vermoedelik een van die eerste mariene reptiele, hoewel nuwe data daarop dui dat minstens dié van Uruguay in hipersoutwater voorgekom het en nie in ’n tipiese see-omgewing nie.[1]
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Mesosaurus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | Mesosauria† |
Familie: | Mesosauridae |
Genus: | Mesosaurus (Gervais, 1864-'66) |
Binomiale naam | |
Mesosaurus tenuidens (Gervais, 1864-'66) | |
Sinonieme | |
|
Sluit
Mesosaurus het baie aanpassings vir ’n volle waterleefstyl gehad. Dit word gewoonlik as ’n anapside beskou, hoewel Friedrich von Huene gedink het dit was ’n sinapside,[2] en onlangs het dié idee weer ondersteuning gekry.[3][4]