From Wikipedia, the free encyclopedia
Anapsida is 'n subklas van reptiele met 'n geslote skedeldak, sonder openinge agter die oë (langs die slape).[1] Hulle verskil van die Diapsida, wat (gewoonlik) twee openinge het, en die Synapsida, wat een opening het. Die skilpaaie is waarskynlik die enigste groep lewende diere wat nog aan die subklas behoort.
Anapsida Tydperk: Karboon tot Onlangs | |
---|---|
’n Diagram van die skedel. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | Anapsida Osborn, 1903 |
Ordes | |
Die meeste afstammelinge van die subklas Anapsida het teen die einde van die Perm-tydperk uitgesterf. In die laat-Trias verskyn skilpaaie (Testudines); wat vir lank as die enigste oorblywende afstammeling beskou is. Filogenetiese studies toon egter dat skilpaaie tot die subklas Dsiapsida (diapsides) behoort, ten spyte daarvan dat hierdié openinge in die skedel ontbreek.[2][3] Daar is wel gevalle waar die skedels van diapsides as gevolg van evolusie weer toegegroei het. Meer fossiele moet gevind word om die status van skilpaaie te bevestig.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.