Leucadendron
Genus van Proteaceae / From Wikipedia, the free encyclopedia
Leucadendron (tolbosse) is 'n struikgenus wat hoort tot die familie Proteaceae en is die tweede grootste genus van dié familie. Daar is ongeveer 84 spesies wat tot die genus hoort.[1] Die genus is endemies aan Suid-Afrika en vorm deel van die fynbos plantegroei. Die meeste spesies kom in die Wes-Kaap voor. Die Silwerboom is die bekendste spesie in die genus. Die boom se blare het kenmerkende silwer kleur wat veroorsaak word deur digte, reguit, syagtige haartjies. Die naam Leucadendron is van die Silwerboom boom afgelei, dit beteken letterlik wit boom.
Kitsfeite Leucadendron, Wetenskaplike klassifikasie ...
Leucadendron | |
---|---|
Leucadendron argenteum | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Subtribus: | Leucadendrinae |
Genus: | Leucadendron |
Spesies | |
Natuurlike voorkoms van die genus | |
Sinonieme | |
|
Sluit