Silwerboom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die silwerboom (Leucadendron argenteum) is 'n boom wat vinnig groei en gewild is as 'n sierboom. Die boom het syagtige, silwergrys blare terwyl die manlike blomme appelkooskleurig en die vroulike blomme silweragtige keëls is. Die boom verkies vol son en matige water om te groei. Die blomtyd is in Augustus tot September. Die silwerboom is een van die provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika se amptelike simbole waar dit endemies is.[1] Die plant se FSA-nommer is 77[2].
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Silwerboom | |
---|---|
'n Jong silwerboom in Kaapstad. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. argenteum |
Binomiale naam | |
Leucadendron argenteum | |
![]() | |
Kaart van die oorblewende Silwerbome in Kaapstad. | |
Sinonieme | |
|
Sluit