Konstantin Tsiolkofski
Russiese en Sowjet-vuurpylwetenskaplike en pionier van die ruimtevaartteorie (1857-1935) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Konstantin Edoeardowitsj Tsiolkofski (Russies: Константин Эдуардович Циолковский) (Izjefskoje naby Rjazan, 17 September 1857 - Kaloega, 19 September 1935) was 'n Rus van Poolse afkoms. Hy was 'n hoërskoolwiskundeonderwyser en word beskou as die vader van die vuurpylwetenskap.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Konstantin Tsiolkofski | |
---|---|
Konstantin Tsiolkofski | |
Gebore | Konstantin Edoeardowitsj Tsiolkofski 17 September 1857 Izjefskoje naby Rjazan, Russiese Ryk |
Sterf | 19 September 1935 Kaloega, Sowjetunie |
Nasionaliteit | Rusland Sowjetunie |
Beroep | Hoërskoolwiskundeonderwyser maar ook die teoretiese "vader" van die vuurpyl- en ruimtevaartwetenskap |
Eggenoot | Warwara Sokolowa |
Sluit
Gedurende sy lewe het Tsiolkofski sy idees en teorieë in 'n aantal boeke verwerk waarvan Die ontdekking van die ruimte deur die vuurpylwetenskap (oorspronklike Russiese titel: Исследование мировых пространств реактивными приборами; Issledowanije mirowich prostranstf reaktiwnimi priborami) die bekendste is.