From Wikipedia, the free encyclopedia
Iridium is 'n chemiese element met die chemiese simbool Ir en 'n atoomgetal van 77.
| |||||||||||||||
Algemeen | |||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | iridium, Ir, 77 | ||||||||||||||
Chemiese reeks | oorgangsmetale | ||||||||||||||
Groep, periode, blok | 9, 6, d | ||||||||||||||
Voorkoms | |||||||||||||||
Atoommassa | 192,217 (1) g/mol | ||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | [Xe] 4f145d76s2 | ||||||||||||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 32, 15, 2 | ||||||||||||||
Fisiese eienskappe | |||||||||||||||
Toestand | vastestof | ||||||||||||||
Digtheid (naby k.t.) | 22,56[1] g/cm³ | ||||||||||||||
Vloeistof digtheid teen s.p. | 19 g/cm³ | ||||||||||||||
Smeltpunt | 2739 K (2466 °C) | ||||||||||||||
Kookpunt | 4 098 K (3 825 °C) | ||||||||||||||
Smeltingswarmte | 41,12 kJ/mol | ||||||||||||||
Verdampingswarmte | 563 kJ/mol | ||||||||||||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 25,10 J/(mol·K) | ||||||||||||||
| |||||||||||||||
Atoomeienskappe | |||||||||||||||
Kristalstruktuur | kubies vlakgesentreerd | ||||||||||||||
Ruimtegroep | Fm3m nommer: 225 | ||||||||||||||
Strukturbericht-kode | A1 | ||||||||||||||
Oksidasietoestande | −3,−1, 0, 1, 2, 3, 4, 5, 6 (matige basiese oksied) | ||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | 2,20 (Skaal van Pauling) | ||||||||||||||
Portaal Chemie |
Suid-Afrika het in 2018 met 87% van die iridiumproduksie die wêreldmark oorheers. Zimbabwe het 8% voortgebring en Kanada en Rusland beide 3%. Dit is 'n byproduk van die mynbou van platinumgroepmetale en een van die raarste metale van die wêreld. Dit maak slegs 0,000.000.03% van die aardkors se massa uit. Die jaarlikse wêreldproduksie is ongeveer 7 ton.[2]
'n Toepassing wat in die jare 2020 baie belangrik geword het, is die katalise van die elektrolitiese watersplitsing. Die populêrste tegnologie vir die vervaardiging van sg. groen waterstof gebruik 'n katalisator was 65% Ir en 35% Pt bevat. Dit is 'n probleem vir die oorgang na groen tegnologie.[2] Die koste van die eletroliseproses kan deur massaproduksie van die apparate dalk nog baie verminder word, maar iridium is nie volop genoeg vir wêreldwye massaproduksie nie.
Daar is egter baie navorsing om alternatiewe te vind, soos kobaltnitried Co2N op kobalt Co [3] Hierdie materiaal is maklik duisendmaal goedkoper.
Iridium is baie inert. 'n Smeltkroesie van iridium kan ure lank in koningswater gekook word sonder om aangetas te word. Dit word ook niet deur gesmelte goud, koper, nikkel of yster aangetas nie. In teenstelling tot platinum wat by hoër temperature met koolsof reageer, bly iridium ook hierdeur onaangetas.[4]
Rou iridium word gewoonlik verkry as 'n legering met osmium wat osmiridium genoem word. Dit is 'n baie hard metaal wat egter gepoeier kan word deur dit in gemelte sink op te los waarmee dit 'n legering vorm. Die sink kan by hoër temperature afgedistilleer word. Die osmiridiumpoeier wat verkry word, kan in 'n fluks van bariumnitraat geoksideer word. Dit vorm bariumosmate en iridiumoksied (IrO2). In salpetersuur opgelos kan die osmium verwyder word omdat osmiumtetroksied vlugtig (maar ook baie toksies en blindmakend) is. Die iridiumoksied bly as poeier agter en kan in koningswater opgelos word.[5]
Iridium kan in oplosbare iridate omgesit word deur dit met natriumperoksied Na2O2 saam te smelt. [6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.