From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Internasionale Sterrekundige Vereniging of Internasionale Astronomiese Unie (IAU) (Frans: Union astronomique internationale of UAI) is ’n groep professionele sterrekundiges met doktorsgrade wat navorsing en opvoeding in sterrekunde doen.[1] Dit word internasionaal beskou as die owerheid wat name aan hemelliggame (sterre, planete, asteroïdes, ens.) gee, asook aan enige strukture op hul oppervlak. Hul hoofdoel is om die sterrekunde in al sy aspekte te bevorder en beskerm deur middel van internasionale samewerking.
Die vereniging is lid van die Internasionale Raad vir Wetenskap (ICSU) en het vriendskaplike betrekkinge met organisasies wat amateursterrekundiges as lede insluit. Hul hoofkwartier is op die tweede verdieping van die Institut d'Astrophysique de Paris in die 14de arrondissement van Parys, Frankryk,[2] en die amptelike taal is Frans. Afdelings sluit in die werkgroepe vir die naamgewing van planetêre stelsels, van sterre en van meteoorreëns, asook die Kleinplaneetsentrum.[3]
Die IAU is op 28 Julie 1919 in Brussel, België, gestig.[4][5] Die sewe stigterstate was België, Kanada, Frankryk, Brittanje, Griekeland, Japan en die VSA. Hulle is gou daarna gevolg deur Italië en Mexiko.[4]
Vandag het die IAU 12 664 "individuele lede", wat professionele sterrekundiges uit 96 lande is. Verder is daar 79 "nasionale lede", professionele sterrekundige gemeenskappe wat hul lande se sustersverenigings van die IAU verteenwoordig. Hulle is van onder meer Suid-Afrika, Australië, China, Indië, die VSA, Argentinië, Saoedi-Arabië, Duitsland, Brittanje, Nieu-Seeland, Rusland en Japan.[6]
Die IAU se algemene vergadering sluit al die lede in en bepaal die vereniging se beleid, keur sy verordenige goed en verkies verskeie komitees. Stemreg van die lede hang af van die saak wat voor die vergadering dien – soms stem net die individuele lede en soms net die nasionale lede.
Vergadering | Jaar | Plek |
---|---|---|
Iste IAU- algemene vergadering (1ste) | 1922 | Rome, Italië |
IIde IAU- algemene vergadering (2de) | 1925 | Cambridge, Engeland, Verenigde Koninkryk |
IIIde IAU- algemene vergadering (3de) | 1928 | Leiden, Nederland |
IVde IAU- algemene vergadering (4de) | 1932 | Cambridge, Massachusetts, Verenigde State |
Vde IAU- algemene vergadering (5de) | 1935 | Parys, Frankryk |
VIde IAU- algemene vergadering (6de) | 1938 | Stockholm, Swede |
VIIde IAU- algemene vergadering (7de) | 1948 | Zürich, Switserland |
VIIIste IAU- algemene vergadering (8ste) | 1952 | Rome, Italië |
IXde IAU- algemene vergadering (9de) | 1955 | Dublin, Ierland |
Xde IAU- algemene vergadering (10de) | 1958 | Moskou, Sowjetunie |
XIde IAU- algemene vergadering (11de) | 1961 | Berkeley, Kalifornië, Verenigde State |
XIIde IAU- algemene vergadering (12de) | 1964 | Hamburg, Wes-Duitsland |
XIIIde IAU- algemene vergadering (13de) | 1967 | Praag, Tsjeggo-Slowakye |
XIVde IAU- algemene vergadering (14de) | 1970 | Brighton, Engeland, Verenigde Koninryk |
XVde IAU- algemene vergadering (15de) | 1973 | Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië |
XVIde IAU- algemene vergadering (16de) | 1976 | Grenoble, Frankryk |
XVIIde IAU- algemene vergadering (17de) | 1979 | Montreal, Quebec, Kanada |
XVIIIde IAU- algemene vergadering (18de) | 1982 | Patras, Griekeland |
XIXde IAU- algemene vergadering (19de) | 1985 | Nieu-Delhi, Indië |
XXste IAU- algemene vergadering (20ste) | 1988 | Baltimore, Maryland, Verenigde State |
XXIste IAU- algemene vergadering (21ste) | 1991 | Buenos Aires, Argentinië |
XXIIste IAU- algemene vergadering (22ste) | 1994 | Den Haag, Nederland |
XXIIIste IAU- algemene vergadering (23ste) | 1997 | Kioto, Kansai, Japan |
XXIVste IAU- algemene vergadering (24ste) | 2000 | Manchester, Engeland, Verenigde Koninkryk |
XXVste IAU- algemene vergadering (25ste) | 2003 | Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië |
XXVIste IAU- algemene vergadering (26ste) | 2006 | Praag, Tsjeggië |
XXVIIste IAU- algemene vergadering (27ste) | 2009 | Rio de Janeiro, Brasilië |
XXVIIIste IAU- algemene vergadering (28ste) | 2012 | Beijing, Volksrepubliek China |
XXIXste IAU- algemene vergadering (29ste) | 2015 | Honolulu, Hawaii, Verenigde State |
XXXste IAU- algemene vergadering (30ste) | 2018 | Wene, Oostenryk |
XXXIste IAU- algemene vergadering (31ste) | 2021 | Busan, Suid-Korea |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.