Hydra-sterrestelselswerm
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hydra-sterrestelselswerm (of Abell 1060) is ’n sterrestelselswerm sowat 190 miljoen ligjare (58,3 miljoen parsek) van die Aarde af in die sterrebeeld Noordelike Waterslang (Hydra). Dit bevat sowat 157 helder sterrestelsels. Dit is sowat 10 miljoen ligjare breed en het ongewoon baie donker materie.[1] Die swerm is deel van die Hydra-Centaurus-superswerm.
Kitsfeite Soort, Sterrebeeld ...
Hydra-sterrestelselswerm | |
---|---|
Soort | Sterrestelselswerm |
Sterrebeeld | Noordelike Waterslang |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 10h 36,9m |
Deklinasie | -27° 32′ |
Afstand (ligjaar) | 190 miljoen |
Rooiverskuiwing | 0,0126 |
Aantal stelsels | 157 |
Ander name | |
Abell 1060 | |
Portaal Sterrekunde |
Sluit
Die helderste sterrestelsels in die swerm is die elliptiese stelsels NGC 3309 en NGC 3311 en die spiraalstelsel NGC 3312. Hulle het almal ’n deursnee van sowat 150 000 ligjare.[2]
Ondanks die feitlik ronde voorkoms in die lug, is daar bewyse in die swerm se snelhede dat dit ’n klonterige, driedimensionele verspreiding het.[3]