Hydra-Centaurus-superswerm
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hydra-Centaurus-superswerm (of SCl 128) is ’n superswerm in twee dele en die naaste superswerm aan die Virgo-superswerm, waarvan die Aarde deel is.
Kitsfeite Soort, Sterrebeeld ...
Hydra-Centaurus-superswerm | |
---|---|
’n Driedimensionele kaart van die Hydra-Centaurus-superswerm. | |
Soort | Superswerm |
Sterrebeeld | Noordelike Waterslang en Sentour |
Regte klimming | 12h 48m 49,3s |
Deklinasie | -41° 18′ 40″ |
Afstand | 54 miljoen ligjare |
Ander name | SCI 128 |
Sluit
Die superswerm sluit vier groot sterrestelselswerms in die Centaurus-deel in:
- Abell 3526 (Centaurus-swerm),
- Abell 3565,
- Abell 3574,
- Abell 3581,
asook die nader
Benewens die sentrale swerms, wat 150 tot 200 miljoen ligjare van ons is, bevat dit verskeie kleiner swerms.
Volgens ’n studie in September 2014 is die Hydra-Centaurus-superswerm net deel van ’n groter swerm, die Laniakea-superswerm, wat die Groot Aantrekker in sy middel huisves.[1]