Helios
From Wikipedia, the free encyclopedia
Helios (Grieks: Ἥλιος) was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Hy was die verpersoonliking van die Son.
Kitsfeite Naam, God van ...
Helios | |
---|---|
Alexander die Grote as Helios. Romeinse kopie van die Griekse oorspronklike | |
Naam | Helios |
God van | Die Son |
Blyplek | Hemel |
Gade | Perse, Klumene |
Ouers | Huperion en Teia |
Sibbes | Selene en Eos |
Kinders | Die Grasieë, Faiton, Aietes, Kirke, Pasifae |
Romeinse eweknie | Sol |
Sluit
Helios was die seun van die Titane Huperion en Teia (Hesiodus) of Eurufaissa (Homeros) en die broer van die godinne Selene (Maan) en Eos (Daeraad). Die drie se name was ook die algemene Griekse name vir son, maan en daeraad.