Gliese 163 c
eksoplaneet / From Wikipedia, the free encyclopedia
Gliese 163 c is moontlik ’n bewoonbare eksoplaneet,[1][2] na aanleiding van sy afstand van sy ster, wat lei tot temperature waarby vloeibare water op die oppervlak kan bestaan. Die ster, Gliese 163, is ’n rooidwerg.[3] Dit is sowat 49 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Swaardvis.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kitsfeite
Gliese 163 c | ||||
Eksoplaneet | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n rooidwergster met drie planete. | ||||
Soort planeet | Superaarde | |||
Moederster | Gliese 163 | |||
Ster se eienskappe | ||||
Sterrebeeld | Swaardvis | |||
Regte klimming | 04 h 9 m 16 s | |||
Deklinasie | 53° 22′ | |||
Skynmagnitude (m) | 11,8 | |||
Afstand (ligjaar) | 48,9 | |||
Planeet | ||||
Massa | 8,39 M⊕ | |||
Radius | 2,43 R⊕ | |||
Temperatuur | 332 K | |||
Wentelperiode | 25,631 ± 0,0235 dae | |||
Ontdekking | ||||
Datum | September 2012 | |||
Ontdekkers | Europese HARPS-span onder Xavier Bonfils | |||
Status | Aangekondig | |||
|
Sluit
Gliese 163 c is een van drie planete in die stelsel. Met ’n massa van minstens 7,2 keer dié van die Aarde,[1][2] word dit geklassifiseer as ’n superaarde (’n planeet van tussen een en tien aardmassas).[2][4]