![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0b/Abu_Reyhan_Biruni-Earth_Circumference.svg/langaf-640px-Abu_Reyhan_Biruni-Earth_Circumference.svg.png&w=640&q=50)
Aardradius
From Wikipedia, the free encyclopedia
Omdat die Aarde nie ’n perfekte sfeer is nie, kan geen enkele waarde gebruik word as sy natuurlike radius nie. Afstande wissel van 6 353 tot 6 384 km. Verskeie maniere om die Aarde as ’n sfeer voor te stel, lewer ’n gemiddelde radius van 6 371 km. Dié mate staan bekend as 1 R🜨 en word dikwels gebruik om die radius van ander hemelliggame weer te gee.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0b/Abu_Reyhan_Biruni-Earth_Circumference.svg/640px-Abu_Reyhan_Biruni-Earth_Circumference.svg.png)