Gamma Velorum
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gamma Velorum (afgekort as γ Vel) is ’n vierdubbele ster in die sterrebeeld Seile (Vela). Met ’n gesamentlike skynbare magnitude van 1,7 is dit een van die helderste ligpunte in die naglug, en dit bevat verreweg die naaste en helderste Wolf-Rayetster. Dit het die tradisionele naam Suhail al Muhlif en die moderne naam Regor,[11] maar nie een word deur die Internasionale Astronomiese Unie erken nie.
Kitsfeite
Gamma Velorum
| ||||
Die ligging van Gamma Velorum (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Seile | |||
Spektraaltipe | WC8 + O7,5 III[1] | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 09m 31.95013s[2] | |||
Deklinasie | -47° 20′ 11.7108″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,83[3] (1,81-1,87[4]) | |||
Absolute magnitude (M) | -4,23 + -5,63[5] | |||
B-V-kleurindeks | -0,25[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,94[3] | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | WR | |||
Massa (M☉) | 9 ± 0,6[5] | |||
Radius (R☉) | 6 ± 3[5] | |||
Temperatuur (K) | 57 000[6] | |||
Komponent 2 | O | |||
Massa (M☉) | 28,5 ± 1,1[5] | |||
Radius (R☉) | 17 ± 2[5] | |||
Temperatuur (K) | 35 000[6] | |||
Eienskappe | ||||
Afstand (ligjaar) | 1 095 (336+8−7 parsek)[5] | |||
Ouderdom (jaar) | 3,5[7]-5,5 miljoen[8] | |||
Veranderlikheid | Wolf-Rayet[4] | |||
Ander name | ||||
Regor, Suhail Al-Muhlif, CD-46°3847, FK5 309, HD 68273, HIP 39953, HR 3207, SAO 219504, WR 11 | ||||
|
Sluit
Kitsfeite
γ1 Velorum | ||||
Sterrebeeld | Seile | |||
Spektraaltipe | B2 III[7] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 09m 29.3260s[9] | |||
Deklinasie | -47° 20′ 43.027″[9] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,27[10] | |||
Absolute magnitude (M) | -3,62[7] | |||
B-V-kleurindeks | -0,22[10] | |||
U-B-kleurindeks | -0,92[10] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 14[7] | |||
Ouderdom (jaar) | 8 miljoen[7] | |||
Ander name | ||||
CD-46°3846, HD 68243, HR 3206, SAO 219501 | ||||
|
Sluit
Die stelsel sluit twee sterre in wat 41 boogsekondes van mekaar af lê en wat elk op sy beurt ’n spektroskopiese dubbelster is. γ2 Velorum, die helderste van die twee, bevat die Wolf-Rayetster en ’n blousuperreus, terwyl γ1 Velorum ’n bloureus en onbekende metgesel bevat.