analitiese metode From Wikipedia, the free encyclopedia
Spektroskopie is ’n versamelnaam vir wetenskaplike tegnieke om die wisselwerking tussen materie en stralingsenergie te ondersoek.[1][2]
Histories was spektroskopie die bestudering van sigbare lig wat volgens hul golflengtes deur ’n prisma versprei word. Later is die begrip heelwat uitgebrei om enige wisselwerking met stralingsenergie as ’n funksie van sy golflengte of frekwensie in te sluit.
Spektroskopiese tegnieke word toegepas in die natuurkunde, analitiese skeikunde en fisiese chemie om die eienskappe van saamgestelde molekulêre, atoom- of subatoom-stelsels te bepaal.
'n Belangrike deel van die spektroskopie maak gebruik van fotone. Afhanklik van die golflengte van die straling kan verskeie eienskappe bestudeer word
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.