Franz Josef-land
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Franz Josef-land (Russies: Земля́ Фра́нца-Ио́сифа, Zemlya Frantsa-Iosifa) is 'n argipel in die Arktiese Oseaan en is genoem ná Frans Josef, keiser van die Keiserryk Oostenryk en later Oostenryk-Hongarye. Die argipel is noord van Nowaja Zemlja, oos van Svalbard, wes van Sewernaja Zemlja en suid van die Noordpool geleë. Dit grens aan die Arktiese Oseaan in die noorde, die Barentssee in die suidweste en die Karasee in die suidooste.
Franz Josef-land Inheemse naam: Земля́ Фра́нца-Ио́сифа | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Franz Josef-land | |
Geografie | |
Ligging | Rusland, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 80°40′N 54°51′O |
Totale eilande | 191 |
Hoofeilande | George-land |
Oppervlakte | 16 134 vk km |
Hoogste punt | Wilczek-land 670 m |
Administrasie | |
Rusland | |
Federale distrik | Noordwestelike |
Oblast | Archangelsk |
Demografie | |
Bevolking | 11 (Russiese soldate) |
Die eerste amptelike verwysing dateer van die Oostenryks-Hongaarse Noordpool-ekspedisie van 1873 onder leiding van Julius von Payer en Karl Weyprecht, wie die argipel ná die destydse keiser Frans Josef genoem het. In 1926 is die argipel deur die Sowjetunie geannekseer.
Die Kaap Fligely op Rudolfeiland is die mees noordelike punt van Eurasië en sowat 900 km suid van die Noordpool. Net Groenland en Ellesmere-eiland van die Kanadese Arktiese Argipel strek verder noord.
Franz Josef-land se bevolking bestaan net uit 11 Russiese Militêre basispersoneel. Die argipel behoort administratief tot die Archangelsk-oblast van die Noordwestelike Federale Distrik.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.