Colenso
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Colenso is 'n dorp in KwaZulu-Natal, sowat 210 km van Durban op die suidelike oewer van die Tugelarivier. Die Zoeloenaam vir die dorp is eSikebheni (Plek van die boot).[2]
Colenso eSikebheni | |
---|---|
Ligging waar die Slag van Colenso plaasgevind het. | |
Koördinate: 28°44′12″S 29°49′35″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Uthukela |
Munisipaliteit | Alfred Duma |
Stigting | 1855 |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,77 km2 (3,77 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 388 |
• Digtheid | 654/km2 (1 690/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.5% |
• Indiërs/Asiërs | 2.9% |
• Bruin mense | 2.1% |
• Swart mense | 90.1% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 83.0% |
• Engels | 7.8% |
• Afrikaans | 4.2% |
• Ndebele | 1.6% |
• Ander | 3.4% |
Poskode (strate) | 3360 |
Skakelkode | 036 |
Die dorpie is by 'n drif gestig in 1855; mettertyd het winkels en 'n hotel gevolg. Dit is genoem na die eerste Anglikaanse biskop van Natal, John William Colenso. Die Bulwerbrug, genoem na sir Henry Bulwer, goewerneur van die Kolonie van Natal, is in 1879 oor die rivier gebou. Die huidige museum was oorspronklik die tolhuis vir die brug. Albei die brug en die tolhuis is in 1978 tot nasionale gedenkwaardighede verklaar.[3] In 1886 het die spoorlyn vanaf Durban na Johannesburg die dorp bereik.
Op 15 Desember 1899, tydens die Tweede Vryheidsoorlog, het die Slag van Colenso hier plaasgevind toe Redvers Buller probeer het om die beleg van Ladysmith op te hef.
Die dorp is in 1926 geproklameer. Dieselfde jaar is 'n kragsentrale op die dorp gebou om elektrisiteit vir die spoorweë op te wek. In 1929 is die kragsentrale aan Evkom verkoop. Tussen 1959 en 1972, die spitsjare van sy lewe, kon die kragsentrale 165 MW lewer. Aangesien nuwe steenkoolkragsentrales 'n termiese doeltreffendheid van 21% kan behaal teenoor 'n maksimum van 19,1% by Colenso, is die kragsentrale in 1984 uit diens gestel.[4]
In 1958 word Colenso 'n munisipaliteit. Met die hersiening van die Suid-Afrikaanse plaaslike regeringstruktuur in 1996 word Colenso 'n gedeelte van die Emnambithi/Ladysmith Plaaslike Munisipaliteit. In 2016 is hierdie plaaslike munisipaliteit met die Indaka Plaaslike Munisipaliteit gesmelt om die Alfred Duma Plaaslike Munisipaliteit te maak.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.