Redvers Henry Buller
Britse generaal (1839-1908) From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Redvers Buller VC(7 Desember 1839, Crediton, Devon, Engeland - 2 Junie 1908, aldaar) was 'n Britse Generaal. Hy het skool gegaan te Eton, Engeland.
Remove ads
Loopbaan voor die Tweede Vryheidsoorlog
In 1858 sluit hy by die leër aan en wel by die 60th Rifles regiment. Hy doen diens in die Red River Expedition in Kanada in 1870 en die Ashanti-oorlog van 1873-1874. In 1879 ontvang hy die Victoriakruis vir dapperheid tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog. Hy was stafhoof onder die bevel van sir Evelyn Wood tydens die Slag van Majuba in 1881. Hy doen ook diens tydens die Tel-el-Kebir veldtog in Egipte in 1882 en ook in die Soedan in 1884-1885. Hy word bevorder na 'n generaal in 1896 en word in 'n hoë pos aangestel in die Ministerie van Oorlog.
Remove ads
Tweede Vryheidsoorlog
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog word hy na die front gestuur as opperbevelhebber maar vind spoedig uit dat sy koloniale taktiek nie teen die Boere toegepas kan word. Tydens sy veldtog om Ladysmith te bevry verloor hy agtereenvolgens die slae van Colenso, Spioenkop en Vaalkrans alvorens hy uiteindelik by Pietershoogte deurbreek om Ladysmith te bevry. Die teenslae het sy reputasie geknou. Nadat hy na die Transvaal oorbeweeg het, is hy suksesvol by Bergendal. Daarna het hy genl Louis Botha oor die Long Tompas gejaag tot by Komatipoort voor hy terug is Engeland toe in Oktober 1900. Hier neem hy bevel oor by Aldershot en sterf in 1908.
Remove ads
Bronne
- The Hall Handbook of the Anglo-Boer War 1899-1902. Darrell Hall. 1999. ISBN 0-86980-949-0
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
