Batoe Khan
khan van die Goue Horde / From Wikipedia, the free encyclopedia
Batoe Khan (Mongools: Бат хаан, Russies: хан Баты́й, Chinees: 拔都, Tataars: Бату хан; omstreeks 1207–1255), ook bekend as Sain Khan (Mongools: Сайн хаан, Goeie Khan) en tsaar Batoe,[1] was ’n Mongoolse heerser en die stigter van die Oeloes van Djotsji (of Goue Horde), die sub-khanaat van die Mongoolse Ryk. Batoe was die seun van Djotsji en kleinseun van Djengis Khan. Sy oeloes was die hoofstaat van die Goue Horde, wat sowat 250 jaar lank oor die huidige Rusland, Oekraïne, Moldowa, Kasakstan en die Kaukasus geheers het nadat hy ook die leërs van Pole en Hongarye verslaan het. Ná die dood van Djengis Khan se seuns het Batoe die mees gerespekteerde prins geword, wat agha ("ouer broer") genoem is in die Mongoolse Ryk.
Kitsfeite Dinastie, Bewind ...
Batoe | |
---|---|
Khan, tsaar | |
Batoe Khan op die troon van die Goue Horde. | |
Dinastie | Bordjigin, Goue Horde |
Bewind | 1227–1255 |
Kroning | 1224/1225 of 1227 |
Gebore | 1207 |
Mongolië | |
Gesterf | 1255 (op 47–48 jaar) |
Sarai Batoe | |
Voorganger | Djotsji |
Opvolger | Sartaq |
Gade | Boraktsjin Khatoen |
Vader | Djotsji |
Sluit