Bacha Khan Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bacha Khan Internasionale Lughawe (IATA: PEW, ICAO: OPPS), voorheen bekend as Pesjawar Internasionale Lughawe, is 'n internasionale lughawe geleë in Pesjawar, Khyber Pakhtunkhwa, Pakistan. Dit is geleë in die suidwestelike punt van die stad Pesjawar en is die vierde besigste lughawe in Pakistan.
Bacha Khan Int. Lughawe Pasjtoe: د باچا خان نړیوال هوایی ډګر | |||
---|---|---|---|
IATA: PEW – ICAO: OPPS | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Pakistan Civil Aviation Authority | ||
Bedien | Pesjawar | ||
Ligging | Khyber Pakhtunkhwa, Pakistan | ||
Hoogte bo seevlak | 1 158 vt / 353 m | ||
Koördinate | 33°59′38″N 71°30′53″E | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
17/35 | 9 000 | 2 743 | Teer |
Statistieke (2017-18) | |||
Passasiers | 1 578 319 | ||
Lugbewegings | 10 736 | ||
Vrag (metrieke ton) | 7 646 | ||
Een van die hoofaanloopbane van die lughawe word gekruis deur 'n spoorlyn bekend as die Khyber-treinsafari, wat na die dorp Landi Kotal in die Khyberpas loop, alleenlik met toerisme ten doel. Die lughawe is op 27 Januarie 2012 herdoop na Abdul Ghaffar Khan (met die bynaam Bacha Khan), 'n prominente Brits-Indiese vryheidsvegter en later Pakistanse Pasjtoene-aktivis.[1] Die lughawe is van 2016 tot 2018 omvattend herbou.
Bacha Khan Internasionale Lughawe is strategies geleë in die hartjie van Pesjawar, ongeveer 180 km vanaf Islamabad (die federale hoofstad van Pakistan) wat dit sowat twee uur se ry vanaf die hoofstad via die M-1-snelweg maak. Aangesien Pesjawar die hoofstad van die Khyber Pakhtunkhwa-provinsie is, bied dit wêreldverbindings vir die meerderheid van die noordwestelike streek van die land en aangrensende gebiede van Afghanistan. Aangesien die provinsie 'n groot Afghaanse Pasjtoen-gemeenskap het wat binne KPK woon, is Afghaanse vlugte nog altyd aan die toeneem.
Pesjawar is 'n belangrike passasierspilpunt met 75% internasionale vlugte. Die lughawe het 'n paar fasiliteite om die basiese behoeftes van reisigers te hanteer, soos telefoonhokkies, valutawissel, outomatiese tellermasjiene (OTM'e), internetstasies, inligtingstoonbanke, geskenk- en aandenkingswinkels, peuselhappiewinkels, huurmotordienste en 'n poskantoor.
Die aanloopbaan is 2 700 meter lank en 40 meter wyd met 3 meter skouers aan weerskante wat ooreenstem met die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie Kategorie 4E. Dit word gekruis deur 'n (selde werkende) spoorlyn, een van die min sulke aanloopbane in die wêreld. Maksimum kapasiteit: Boeing 777-300ER. Daar is neus-in-parkering vir 4 wyerompvliegtuie op 'n slag of 3 Airbus- en 2 smalrompvliegtuie op 'n slag. Die lughawe het 2 lugbrûe wat in 2018 gebou is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.