Babiana
From Wikipedia, the free encyclopedia
Babiana (Bobbejaantjie) is 'n blomplant genus en geofiete wat behoort tot die familie Iridaceae.
Rooibobbejaantjie | |
---|---|
Blomme aan 'n rooibobbejaantjie B. villosa | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Subfamilie: | Crocoideae |
Tribus: | Croceae |
Genus: | Babiana Ker Gawl. |
Tipespesie | |
Babiana plicata Ker Gawler, (1801) | |
Sinonieme[1] | |
|
Tot hierdie genus word ongeveer 93 spesies gereken. Die meerderheid van die spesies kom net in die Wes-Kaap, Namakwaland en die suidweste van Namibië – veral in die wintereënvalgebied van die sukkulente Karoo – voor, maar daar is ook een spesie B. socotrana[nota 1] wat net op die eiland Sokotra aangetref word, wat origens ook 'n droë winterreënvalklimaat besit. Daar word gedink dat die tussenliggende gebiede in die verlede 'n vergelykbare klimaat moes gehad het.
Alle bobbejaantjies het ondergrondse knolle en die plant rus in die droë seisoen om tydens die reëns weer uit die knol op te groei. Alle bobbejaantjies het behaarde blare wat in die lengterigting voue vertoon.[2]