’n Tipespesie (Engels: type species) is in die wetenskaplike klassifikasie van plante en diere die naam van ’n spesie waaraan die naam van ’n genus permanent verbind word. Dit is die spesie wat die tipiese biologiese voorbeeld van die takson is. Die waarde van die "tipespesie" lê in die feit dat dit duidelik maak wat deur die spesifieke genusnaam bedoel word. Dit is veral belangrik wanneer ’n takson wat verskeie spesies bevat, in meer as een genus opgedeel moet word; die tipespesie verskaf outomaties die naam van die oorspronklike takson aan een van die nuwe taksa en skakel dus die moontlikheid van verwarring uit.

ThumbDomeinKoninkrykKlasOrdeFamilie

Volgens soölogiese en botaniese naamkodes behoort elke genus of onderafdeling van ’n genus wat ’n naam het, ’n tipespesie te hê – of dit in daardie stadium as geldig of korrek beskou word of nie. In die praktyk is dit egter nie altyd die geval nie.

’n Soortgelyke konsep, tipegenus, word gebruik vir suprageneriese groepe.

Voorbeeld

Die tipespesie vir die slakgenus Monacha is Monacha cartusiana. Dié genus is in die familie Hygromiidae. Die tipegenus van dié familie is die genus Hygromia.

Sien ook

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.