From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Assiriërs (Siries: ܐܫܘܪܝܐ), ook bekend as Galdeërs, Siriërs en Arameërs, is 'n Semitiese etnies-godsdienstige groep inheems aan lande van die Midde-Ooste. Die meeste Assiriërs praat 'n Nieu-Aramese taal, wie se ondergroepe Noordoostelike, Sentraal- en Wes-Nieu-Aramees insluit, sowel as ander tale, afhangend van die land van verblyf.
Assiriërs Sūrāyē / Sūryāyē / Āṯūrāyē / Āramayē | |
---|---|
Feesviering by 'n Siries-Ortodokse klooster in Mosoel, Ottomaanse Sirië, vroeë 20ste eeu. | |
Totale bevolking: | ca. 4 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | Sirië 400 000[2] Irak 300 000[3] |
Taal: | Nieu-Aramees, Assiriese Nieu-Aramees, Chaldeeuse Nieu-Aramees, Turoyo ook kennis van Arabies, Koerdies, Turks en Persies |
Geloofsoortuiging: | Siriese Christendom (Galdees-Katolieke Kerk • Siries-Ortodokse Kerk • Assiriese Kerk van die Ooste • Siries-Katolieke Kerk • Antieke Kerk van die Ooste • Assiries-Evangeliese Kerk • Assiriese Pinksterkerk) Sommige sekulêre of ongebonde |
Verwante etniese groepe: | Ander Semitiese en Afro-Asiatiese volke soos Arabiere en Jode |
Die Assiriërs is 'n Christelike volk wat verskeie Oosterse Kerke van die Oos- en Wes-Siriese liturgiese rites aanhang. Kerke van die Oos-Siriese ritus sluit in die Assiriese Kerk van die Ooste, die Antieke Kerk van die Ooste, die Assiries-Evangeliese Kerk en die Galdees-Katolieke Kerk wie se volgelinge hoofsaaklik Noordoostelike Nieu-Aramese tale praat terwyl kerke van die Wes-Siriese ritus die Siries-Ortodokse Kerk en die Siries-Katolieke Kerk insluit wie se volgelinge veral Sentraal-Nieu-Aramese tale praat.
Vandag is die Assiriese tuislandgebiede "deel van hedendaagse Irak se noorde, suidoostelike Turkye, die noordweste van Iran en Noordoos-Sirië".[36][37] Baie Assiriërs het migreer buite die Assiriese tuislandgebiede na ander streke in die Kaukasus, Levant, die Verenigde State, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en Europa gedurende die afgelope eeu of later. Die emigrasie is veroorsaak deur gebeure soos die Assiriese volksmoord in die Ottomaanse Ryk tydens die Eerste Wêreldoorlog, die Simele-bloedbad in Irak (1933), die Islamitiese Irannese Rewolusie in Iran (1979), die Arabiese nasionalistiese Baathist-beleid in Irak en Sirië asook die al-Anfal-veldtog van Saddam Hoesein.
Meer onlangs het die Irakse Oorlog van 2003 en die Siriese Burgeroorlog wat in 2011 uitgebreek het die plaaslike Assiriese gemeenskap ontwortel, as sy lede etniese en godsdienstige vervolging in die gesig gestaar het deur Islamitiese ekstremiste soos die Islamitiese Staat. Van die eenmiljoen of meer Irakis wat volgens die Verenigde Nasies se berigte sedert die besetting gevlug het, was byna 40% Assiriërs, hoewel Assiriërs sowat 3% van die pre-oorlogse Irak-bevolking uitgemaak het.[38][39][40] Volgens 'n 2013-verslag deur 'n amptelike Galdees-Siries-Assiriese Volksaad word geskat dat slegs 300 000 Assiriërs in Irak bly.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.