Aktinium
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aktinium (IFA: /akˈtɪniəm/) is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Ac en atoomgetal 89.
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Algemeen | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | Aktinium, Ac, 89 | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Chemiese reeks | aktiniedes | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Groep, periode, blok | 3, 7, f | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorkoms | silwerwit, gloeiend met 'n onheilspellende blou lig;[1] soms met 'n goue skynsel[2] | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoommassa | (227) g/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | [Rn] 6d1 7s2 | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 32, 18, 9, 2 | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Fisiese eienskappe | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Toestand | vastestof | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Digtheid (naby k.t.) | 10 g/cm³ | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Smeltpunt | (circa) 1323 K (1050 °C) | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Kookpunt | 3471 K (3198 °C) | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Smeltingswarmte | 14 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Verdampingswarmte | 400 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 27,2 J/(mol·K) | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomeienskappe | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kristalstruktuur | kubies-opsiggesentreerd | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Oksidasietoestande | 3 (neutrale oksied) | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | 1,1 (Skaal van Pauling) | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Ionisasie-energieë | 1ste: 499 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||
2de: 1170 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomradius | 195 pm | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Diverse | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Magnetiese rangskikking | geen data | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Termiese geleidingsvermoë | (300 K) 12 W/(m·K) | |||||||||||||||||||||||||||||||||
CAS-registernommer | 7440-34-8 | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Vernaamste isotope | ||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||
Portaal Chemie |
Aktinium is 'n silwerige baie radioaktiewe metallieke element. As gevolg van die element se intense radioaktiwiteit, gloei aktinium in die donker met 'n bleekblou lig. Dit word slegs in spoorhoeveelhede in uraanerts aangetref as 227Ac, 'n α en β-uitstraler met 'n halfleeftyd van 21,773 jaar. Een ton uraanerts bevat ongeveer 'n tiende van 'n gram aktinium.
Aktinium is omtrent 150 keer so radioaktief as radium, wat dit 'n waardevolle neutronbron maak. Andersins het dit geen beduidende industriële toepassings nie.
225Ac is word in geneeskunde gebruik om 213Bi te vervaardig in 'n herbruikbare generator of dit kan alleen gebruik word as 'n middel vir radio-immunoterapie.
Aktinium is in 1899 deur André-Louis Debierne, 'n Franse chemikus ontdek, wat dit van pikblende geskei het. Friedrich Otto Giesel het aktinium onafhanklik in 1902 ontdek. Die chemiese gedrag van aktinium is soortgelyk aan díe van die seldsame aardelement lanthanum.
Die woord aktinium kom van die Grieks aktis, aktinos wat straal beteken.
Aktinium word in spoorhoeveelhede in uraanerts aangetref, maar word meer algemeen in milligramhoeveelhede deur die neutronbestraling van 226Ra in 'n kernreaktor vervaardig. Aktiniummetaal is ook berei deur die reduksie van aktiniumfluoried met litiumdamp teen ongeveer 1100 tot 1300 °C.
Natuurlikvoorkomende aktinium bestaan uit een radioaktiewe isotoop; 227Ac. 36 radioisotope is gekaraktiriseer met die stabielste 227Ac met 'n halfleeftyd van 21,772 jaar, 225Ac met 'n halfleeftyd van 10,0 dae, en 226Ac met 'n halfleeftyd van 29,37 ure. Al die ander radioaktiewe isotope het halfleeftye minder as 10 ure en meeste hiervan het halfleeftye van minder as een minuut. Die isostoop met die kortste halfleeftyd is 217Ac wat deur alfaverval en elektronvangs verval. Dit het 'n halfleeftyd van 69 ns. Aktinium het ook twee meta-state.
Gesuiwerde 227Ac bereik ekwilibrium met die element se vervalprodukte na 185 dae, en verval dan volgens die 21,773-jaar halflewe.
Die isotope van aktinium wissel in atoommassa van 206 ame (206Ac) tot 236 ame (236Ac).
227Ac is geweldig radioaktief, en in terme van die potensiaal vir stralinggeïnduseerde gesondheidseffekte is 227Ac selfs gevaarliker as plutonium. Inname van selfs 'n klein hoeveelheid 227Ac hou 'n ernstige gesondheidsgevaar in.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.