![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cb/Cancer_IAU.svg/langaf-640px-Cancer_IAU.svg.png&w=640&q=50)
55 Cancri
From Wikipedia, the free encyclopedia
55 Cancri is ’n dubbelster sowat 41 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Kreef (Cancer). Die stelsel bestaan uit ’n G-tipe hoofreeksster en ’n kleiner rooi dwerg. Hulle is meer as 1 000 AE van mekaar af (duisend keer die afstand tussen die Aarde en die Son).
Kitsfeite
55 Cancri
| ||||
![]() | ||||
55 Cancri in die sterrebeeld Kreef (rooi omsirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kreef | |||
Bayer-naam | Rho Cancri | |||
Spektraaltipe | K0IV-V / M3,5-4V | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 52m 35,81s | |||
Deklinasie | +28° 19′ 51.0″ | |||
Skynmagnitude (m) | 13,15 | |||
B-V-kleurindeks | 0,86 / 1,21 | |||
U-B-kleurindeks | 0,65 / 1,66 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,95 | |||
Radius (R☉) | 1,152 | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,63 | |||
Ouderdom (jaar) | (7,4–8,7) × 109 | |||
Temperatuur (K) | 5 373 | |||
Afstand (ligjaar) | 41 | |||
Eienskappe | ||||
Planete | 5 | |||
Ander name | ||||
BD+28°1660, Gliese 324, HD 75732, HIP 43587, HR 3522, Rho1 Cancri | ||||
|
Sluit
Sedert 2011 is vyf planete bevestig wat om die hoofster, 55 Cancri A (die geel dwerg), wentel. Daar kan meer planete wees. Die binneste planeet, 55 Cancri e, beweeg voor die ster verby soos van die Aarde af gesien.[1]