’n Rooidwerg is ’n klein, relatiewe koel ster in die hoofreeks – die spektraaltipe is óf laat K óf M. Hul massa is minder as die helfte van die son s’n (tot so laag as 0,075 sonmassas). Hulle word net bo die bruindwerge aangetref op die Hertzsprung-Russell-diagram.

Rooidwerge se oppervlaktemperatuur is minder as 4 000 Kelvin. Hulle is verreweg die mees algemene sterre in die Melkweg, ten minste in die omgewing van die son. Proxima Centauri, die naaste ster aan die son, is ’n rooidwerg – so ook 20 van die 30 ander naaste sterre. Weens hul dofheid is rooidwerge egter nie duidelik sigbaar nie. Geen kan van die Aarde af met die blote oog gesien word nie.[1]

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.