sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Winkelhaak (Latyn: Norma) is ’n klein, onopvallende sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit word soms beskou as verteenwoordigend van ’n liniaal of waterpas.
Winkelhaak | ||||
Latynse naam | Norma | |||
Genitief | Normae | |||
Afkorting | Nor | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 16,05h | |||
Deklinasie | -52º | |||
Grootte | 165 vk. grade (74ste) | |||
Kwadrant | SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 2 | |||
Helderste ster | γ2 Nor | |||
Naaste ster | Gliese 615 (HD 145417) | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 4 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 13 | |||
Meteoorreëns | Gamma-Normiede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Skerpioen, Wolf, Passer, Suidelike Driehoek, Altaar | ||||
|
Norma, wat aanvanklik L’Equerre et la Regle in Frans genoem is, is een van die sterrebeelde wat Abbé Nicolas Louis de Lacaille in die middel 1750's geskep het toe hy sowat 10 000 sterre in die Kaap die Goeie Hoop opgemeet het.[1]
Die Melkweg loop deur die Winkelhaak. Die sterrebeeld het geen α- of β-sterre nie; die helderste ster is γ2 Normae en dit het ’n helderheid van net 4 mag.
Vanweë sy ligging in die Melkweg bevat die sterrebeeld baie sterreswerms. NGC 6067 is ’n oop swerm met sowat 100 sterre met ’n helderheid van 10 mag en ’n gesamentlike helderheid van 5,6 mag.
Abell 3627, ook bekend as die Norma-melkwegswerm, is 200 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit is een van die grootste melkwegswerms wat bekend is: dit is sowat 10 keer helderder as die gemiddelde melkwegswerm. Daar is ’n teorie dat dit die Groot Aantrekker is, ’n massiewe voorwerp wat die Lokale Groep, die Virgo-superswerm en die Hydra-Centaurus-superswerm aantrek teen 600-1 000 kilometer per sekonde.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.