Waterval-Boven

nedersetting in Mpumalanga, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Waterval-Bovenmap
Remove ads

Waterval-Boven is 'n dorp in Mpumalanga, in Suid-Afrika. Die dorpie is 8 km wes van Waterval-Onder bokant die Elandsrivierwaterval. Die naam van die dorp is in 2009 amptelik gewysig na Emgwenya.

Kitsfeite Waterval-Boven (Emgwenya), Land ...
Remove ads
Remove ads

Geskiedenis

Die dorp se geskiedenis is nou verbind met dié van die Pretoria-Maputo-spoorlyn. Dit het sewe jaar geneem om die spoorlyn te voltooi en die lewensverlies weens malaria was skrikwekkend. Vanaf Komatipoort het die spoorlyn Waterval-Boven in Maart 1894 bereik. Gedurende 1895 het die Zuid-Afrikaansche Republiek 'n deel van die plaas Doornhoek van Charles de Curer gekoop om 'n rangeerwerf en werkswinkels hier te bou en het dit Waterval-Boven genoem.

Die NZASM-monument is in 1934 op die stasie onthul.

Remove ads

Distrik

Die Emakhazeni munisipale area is 4 736 km2 groot en sluit Belfast, Machadodorp en Dullstroom in. Bees- en skaapboerdery is die belangrikste ekonomiese bedrywighede.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Loading content...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads