Machadodorp

From Wikipedia, the free encyclopedia

Machadodorpmap

Machadodorp is 'n dorp in die Nkangala-distriksmunisipaliteit van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die naam van die dorp is in 2010 amptelik gewysig na eNtokozweni.

Kitsfeite Machadodorp (eNtokozweni), Land ...
Machadodorp

(eNtokozweni)
Thumb
'n Uitsig oor Machadodorp
Thumb
Machadodorp
 Machadodorp se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°40′S 30°14′O
Land Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikNkangala
MunisipaliteitEmakhazeni
Oppervlak
  Totaal33,17 km2 (12,81 vk. myl)
Hoogte
1 550 m (5 090 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal8 835
  Digtheid266/km2 (690/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense8.1%
  Indiërs/Asiërs0.7%
  Bruin mense1.4%
  Swart mense89.5%
  Ander0.2%
Taal (2011)
  Swazi 45.3%
  Zoeloe 23.5%
  Afrikaans 8.8%
  Ndebele 7.5%
  Ander 14.9%
Poskode (strate)
1170
Poskode (posbusse)
1170
Skakelkode013
Webwerfhttp://www.machadodorp.co.za/
Sluit

Geskiedenis

Thumb
Machadodorp se NG kerk

Die dorp het begin as 'n spoorwegstasie wat gebou is toe die spoorlyn in 1894 geopen is. Die dorp is op die plaas Geluk van Cornelis Potgieter uitgelê en in 1904 geproklameer. Die dorp is vernoem na Joachim Machado, 'n Portugese ingenieur wat die roete vir die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn in die 1890's opgemeet het en later die goewerneur-generaal van Mosambiek geword het. Die dorp was 'n belangrike uitspannings plek vir die togryers in die dae voor die spoorlyn gebou was.

Na die val van Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog was Machadodorp van 5 Junie tot 27 Agustus 1900 die setel van die Transvaalse regering. Sir Redvers Buller het die dorp na sy welslae by die Slag van Bergendal begin bombardeer wat die Transvaalse regering genoodsaak het om Machadodorp te verlaat.

Distrik

Die Emakhazeni munisipale area is 4 736 km² groot en sluit Belfast, Dullstroom en Waterval-Boven in.

Die ekonomie van die distrik is hoofsaaklik op bees- en skaapboerdery gegrond. Die omgewing is ook gewild onder forelhengelaars.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.