From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Jemen is op 22 Mei 1990 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane in rooi, wit en swart van bo na onder.
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 22 Mei 1990[1] |
Ontwerp | Drie horisontale bane in rooi, wit en swart van bo na onder. |
Voordat Jemen in die hedendaagse Jemense Republiek verenig was, was die land in Noord en Suid verdeel.
Noord-Jemen het aanvanklik, van 1927 tot 1962, die vlag van die Mutawakkilitiese Koninkryk Jemen gebruik. In 1962 is die Jemenitiese Arabiese Republiek gestig en is ’n nuwe vlag aanvaar. Die vlag van die Jemenitiese Arabiese Republiek was ook die Arabiese Bevrydingsvlag met ’n groen ster in die middel van die wit baan. Rooi het die rewolusionêre gees van die Jemenitiese volk voorgestel, wit het die hoop op ’n beter toekoms voorgestel en swart het herinner aan die donker verlede. Die ster het eenheid en onafhanklikheid voorgestel.[2]
Die vlag van die Demokratiese Volksrepubliek Jemen in die suide was die Arabiese Bevrydingsvlag met ’n hemelsblou driehoek in die vlagpaalkant met ’n rooi ster (die embleem van die Jemenitiese Sosialistiese Party) in die middel daarvan. Die swart het die verlede van die tiranniese, koloniale en feudale heersers voorgestel, die wit het vrede voorgestel en die rooi het rewolusie voorgestel. Die hemelsblou het die Jemenitiese volk voorgestel.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.