From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Jordanië is op 18 April 1928 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane in swart, wit en groen met ’n rooi driehoek aan die vlagpaalkant waarin ’n wit sewepuntige ster is.
Rooi, wit, groen en swart is tradisioneel die Pan-Arabiese kleure. In die vlag van Jordanië stel die kleure die volgende voor: swart stel die Abbasidiese Kalifaat voor, wit stel die Omajjadiese Kalifaat voor, groen stel die Fatimidiese Kalifaat voor en rooi stel die Hasjemiete en die Arabiese Opstand voor. Die sewepuntige ster stel die sewe verse van die eerste soera in die Koran en die eenheid van die Arabiese volk voor.[1][2][3] Sommiges is van mening dat die ster die sewe heuwels waarop Amman, die hoofstad, gebou is, voorstel.
Die kleurskema word hieronder gelys:
Rooi | Wit | Groen | Swart | |
---|---|---|---|---|
RGB | 206/17/38 | 255/255/255 | 0/122/61 | 0/0/0 |
Heksadesimaal | #ce1126ff | #FFFFFF | #007a3dff | #000000ff |
CMYK | 0/92/82/19 | 0/0/0/0 | 100/0/50/52 | 0/0/0/100 |
Skema | Tekstielkleur |
---|---|
Rooi | Die Hasjemitiese dinastie; bloedige stryd vir vryheid. |
Wit | Die Omajjadiese dinastie; helder en vreedsame toekoms. |
Groen | Die Fatimidiese dinastie; Ali, die neef en skoonseun van Mohammed. |
Swart | Die Abbasidiese dinastie; onderdrukking in die verlede. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.