sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Seile (Latyn: Vela) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit verteenwoordig die seile van ’n skip en was oorspronklik deel van ’n groot sterrebeeld, die skip van "Jason en die Argonoute" (Argo Navis), wat eeue later verdeel is in drie dele – die ander twee is die Agterdek en die Kiel.
Seile | ||||
Latynse naam | Vela | |||
Genitief | Velorum | |||
Afkorting | Vel | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 9h | |||
Deklinasie | -50º | |||
Grootte | 500 vk. grade (32ste) | |||
Kwadrant | SQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 5 | |||
Helderste ster | Gamma Velorum | |||
Naaste ster | Gliese 367 | |||
Sterre helderder as 3 m | 5 | |||
Sterre met planete | 7 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 50 | |||
Meteoorreëns | Delta-Velaïede, Gamma-Velaïede, Puppid-Velaïede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Agterdek , Kiel, Lugpomp, Kompas, Sentour | ||||
|
Die helderste ster in die sterrebeeld is die superreus Gamma Velorum, met ’n oënskynlike helderheid van 1,75m. Dit is eintlik vyf sterre, waarvan die primêre ster die helderste Wolf-Rayetster in die hemelruim is. Dit word soms Regor genoem.
Dit bevat ook die planetêre newel NGC 3132, wat uit nog 32 planetêre newels bestaan, asook die oorblyfsels van die Vela-supernova. Daar word geglo die ontploffing van die supernova was sowat 10 000 jaar gelede van die Aarde af sigbaar.
Die Valskruis is ’n asterisme wat bestaan uit die sterre Delta Velorum, Kappa Velorum, Iota Carinae en Epsilon Carinae. Dit word so genoem omdat dit soms verkeerdelik vir die Suiderkruis aangesien word en so tot navigasiefoute lei.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.