From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vaalmimosa (Acacia podalyriifolia) is 'n boom en indringerplant wat voorkom in stedelike gebiede, langs paaie en waterlope. Die boom is inheems in oos en suidoos Australië. Dit staan ook as die lierwattel bekend.
Vaalmimosa | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Acacia |
Spesie: | A. podalyriifolia |
Binomiale naam | |
Acacia podalyriifolia A.Cunn. ex G. Don, 1832 | |
Natuurlike verspreiding | |
Sinonieme | |
|
Die boom word tot 8m hoog, is middelgroot, doringloos met 'n silwergrys loof. Die fluweelagtige blare is enkelvoudig en die vorm wissel van ovaal tot ellipties. Die bas is glad en liggrys van kleur. Nuwe uitgroeisels is met poeieragtige hare bedek. Die blomhofies is bolvormig en goudgeel; dit verskyn in lang aanskoulike blomtakkies van Junie tot Augustus. Die saadpeul het 'n golwende rand. Die boom word as 'n sierboom gekweek.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.