boekuitgewersmaatskappy wat in 1951 in Kaapstad, Suid-Afrika gestig is From Wikipedia, the free encyclopedia
Tafelberg Uitgewers is 'n boekuitgewersmaatskappy wat in 1951 in Kaapstad, Suid-Afrika gestig is en veral bekendstaan vir sy Afrikaanse literêre fiksie, alhoewel daar ook toenemend Engelse fiksietitels gepubliseer word.[1]
Tydens die Tweede Wêreldoorlog was daar 'n verbod op die stigting van nuwe uitgewerye. Toe dit opgehef is, het talle boekklubs ontstaan om na die groot aanvraag na ligte leesstof te voorsien. Die belangrikste van dié nuwe klubs was Goeie Hoop Uitgewers van Johannesburg. Blaar Coetzee was die stigter en voorsitter van die direksie van dié uitgewery. Op 29 Junie 1951 het Goeie Hoop Uitgewers 'n nuwe filiaal geregistreer: Tafelberg Uitgewers (Edms.) Bpk.
Die maatskappy het op 1 Augustus 1951 tot stand gekom met 'n kapitaaluitleg van £10 000.[2] Die eerste direkteure was Coetzee, S. van der Heever, S.R. Porter, H.F. Hope en E.E.C. le Feuvre. Coetzee het J.D. Pretorius, ten tyde rekenmeester van Coca-Cola in Johannesburg, as bestuurder aangestel. Tafelberg Uitgewers het net soos Goeie Hoop Uitgewers, begin met baie ligte leesstof.
Die boekklubs het boeke wat oorgebly het van vorige drukke gratis weggegee aan nuwe lede. Tafelberg Uitgewers het op die bankrotvendusie van die Unie-Volkspers 'n aantal van die ou boeke vir sowat £5 000 gekoop en gebruik vir sý aanbod van gratis boeke.
Die nuwe boekklub is onder meer in Die Huisgenoot se 1951-vakansie-uitgawe aangekondig. Teen 1958 het 182 titels reeds by Tafelberg verskyn. Naas die tydskrif "Fyn Goud" wat Goeie Hoop Uitgewers uitgegee het, het Tafelberg Uitgewers 'n kompeterende tydskrif genaamd "Die Beste" gepubliseer, geskoei op die lesers van Reader's Digest. Dit was egter 'n mislukking en is gestaak voor dit 'n groot verlies kon ly.
Onder leiding van J.D. Pretorius, was Tafelberg Uitgewers nietemin so suksesvol, dat die Nasionale Boekhandel, 'n filiaal van Nasionale Pers, dit in 1959 oorgeneem het bloot om Pretorius se dienste vir hul uitgewery te bekom. Die direksie van Nasionale Pers het Coetzee se verkoopsprys van £62 500 op 9 September 1959 aanvaar.[3]
Van Tafelberg Uitgewers se vroeë bekende publikasies was, onder andere:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.