Swahili (volk)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Swahili (volk)

Die Swahili (Swahili: Waswahili) is 'n etniese en kulturele groep inheems aan Oos-Afrika. Hulle bly veral langs die Swahilikus, 'n gebied wat oor die Zanzibarargipel, die kuslyn van beide Kenia en Tanzanië, asook die noordelike Mosambiek streek. Die naam Swahili is afgelei van Arabies سواحل Sawāhil wat "kuste" beteken en na die geografiese verspreiding verwys. Die Swahili besig Swahili, wat tot die Bantoetale van die Niger-Kongo-tale behoort.

Thumb
Verspreiding van Swahili:

 Kusgebiede met Swahili as inheemse taal, tuiste van die Swahili-volk (Swahilikus)

 amptelike of nasionale taal

 omgangstaal

Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Swahili
Thumb
Swahili-Zanzibar-handelaar Tippu Tip (1832–1905)
Totale bevolking: 1 772 000
Belangrike bevolkings  in:  Tanzanië (veral  Zanzibar)

 Kenia
 Mosambiek
 Saoedi-Arabië
 Oman
 Demokratiese Republiek die Kongo

Taal: Swahili (Kiswahili)
Geloofsoortuiging: Islam (Soenni, Sjia, Soefisme)
Verwante etniese groepe: Ander Bantoevolke soos Mijikenda, Pokomo, Comore, Bajunis en Shirazi
Sluit

Wêreldwyd leef sowat 1 772 000 Swahili, waarvan die meeste langs die Swahilikus. Die term "Swahilikus" is as 't ware 'n pleonasme, omdat dit letterlik "kustekus" beteken. Daarbenewens het in onlangse jare Swahili-migrante hulle in lande soos Saoedi-Arabië en Oman gevestig.

Die hedendaagse Swahili besig Swahili (Kiswahili), wat tot die Bantoetak van die Niger-Kongo-taalfamilie behoort, as moedertaal. Dié taal bevat leenwoorde uit Arabies en Persies.[1] Naas die Swahilikus word Swahili nog in Burundi, die Comore-eilande, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Madagaskar, Malawi, Mayotte, Somalië, Rwanda, Uganda en Zambië deur ander etniese groepe gepraat.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.