From Wikipedia, the free encyclopedia
St. James’ Park is ’n stadion in Newcastle upon Tyne in Engeland. Dit is die tuisveld van Newcastle United FC wat in die Premier League speel. Die stadion het sitplek vir 52 405 mense.[1]
St. James’ Park | ||
Lugbeeld van St. James’ Park | ||
Bynaam | SJP, Gallowgate | |
---|---|---|
Ligging | Newcastle, Engeland | |
Koördinate | 54°58′32″N 1°37′18″W | |
Eienaar | Newcastle United | |
Kapasiteit | 52 405[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1892 | |
Uitgebrei | 1998-2000 | |
Argitek | TTH Architects, Gateshead UK | |
Huurders | ||
Newcastle Rangers FC (1880–1882, 1884) Newcastle West End FC (1886–1892) Newcastle East End FC (1892) Newcastle United FC (1892–hede) |
St. James’ Park is sedert 1892 die tuisveld van Newcastle United en word sedert 1880 vir sokkerwedstryde aangewend.[2] Regdeur die geskiedenis van die stadion het die opgradering en uitbreiding daarvan konflik veroorsaak tussen plaaslike inwoners en die stadsraad.[3] Dit het in die laat 1960’s gelei tot twee voorstelle om die stadion te skuif[4][5] en ’n kontroversiële voorstel in 1995 om dit na die nabygeleë Leazes Park te verskuif. Die weiering om te skuif het gelei tot die kenmerkende onewewigtige voorkoms van die huidige stadion se asimmetriese paviljoene.[6]
Buiten klubsokker is St. James’ Park ook al gebruik vir internasionale sokker as deel van die Olimpiese Somerspele 2012[7] en internasionale rugby as deel van die Rugbywêreldbeker 2015. Tesame met professionele sokker het die stadion ook gasheer gespeel vir liefdadigheidsgebeure en konserte en was dit ook die stel vir realiteitstelevisie en rolprente.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte |
---|---|---|---|---|
18 Maart 1901 | Engeland | 6–0 | Wallis | British Home Championship |
6 April 1907 | Engeland | 1–1 | Skotland | British Home Championship |
15 November 1933 | Engeland | 1–2 | Wallis | British Home Championship |
9 November 1938 | Engeland | 4–0 | Noorweë | Vriendelik |
10 Junie 1996 | Roemenië | 0–1 | Frankryk | Europese Sokkerkampioenskap 1996 |
13 Junie 1996 | Bulgarye | 1–0 | Roemenië | Europese Sokkerkampioenskap 1996 |
18 Junie 1996 | Frankryk | 3–1 | Bulgarye | Europese Sokkerkampioenskap 1996 |
5 September 2001 | Engeland | 2–0 | Albanië | FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002-kwalifisering |
18 Augustus 2004 | Engeland | 3–0 | Oekraïne | Vriendelik |
30 Maart 2005 | Engeland | 2–0 | Azerbeidjan | FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006-kwalifisering |
26 Julie 2012 | Meksiko | 0–0 | Suid-Korea | Olimpiese Somerspele 2012 |
26 Julie 2012 | Gaboen | 1–1 | Switserland | Olimpiese Somerspele 2012 |
29 Julie 2012 | Japan | 1–0 | Marokko | Olimpiese Somerspele 2012 |
29 Julie 2012 | Spanje | 0–1 | Honduras | Olimpiese Somerspele 2012 |
1 Augustus 2012 | Brasilië | 3–0 | Nieu-Seeland | Olimpiese Somerspele 2012 |
4 Augustus 2012 | Brasilië | 3–2 | Honduras | Olimpiese Somerspele 2012 |
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
3 Oktober 2015 | 16:45 | Suid-Afrika | 34–16 | Skotland | Groep B | 50 900 |
9 Oktober 2015 | 20:00 | Nieu-Seeland | 47–9 | Tonga | Groep C | 50 985 |
10 Oktober 2015 | 14:30 | Samoa | 33–36 | Skotland | Groep B | 51 982 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.