From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sirkassiërs of Tsjerkessiërs (Sirkassies: Адыгэхэр, Adygekher) is 'n Noordwes-Kaukasiese etniese groep inheems aan Sirkassië in Rusland. Hulle praat Sirkassiese tale soos Adigies en Kabardies as moedertaal en Turks, Russies, Engels, Arabies, Hebreeus, Duits of Persies as tweede taal. Die Sirkassiërs noem hulself Adyghe, wat moontlik van atté vir "hoogte" en ghéi vir "meer" afgelei is en dus "'n volk van 'n bergagtige land naby die seekus/tussen twee seë" beteken.[19][20] Die Turke en Russe noem die Adyghe egter Sirkassiërs of Tsjerkessiërs.
Sirkassiërs | |
---|---|
Jaarlikse herinneringsoptog vir die Sirkassiese volksmoord deur die Sirkassiese diaspora in Turkye | |
Totale bevolking: | ca. 4–8 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Turkye Geskatte 1 000 000[1]–2 000 000[2][3]– 3 000 000[4][5]–5 000 000[2][6] tot 7 000 000[7] Rusland 720 000[8] |
Taal: | Sirkassies (Adigies, Kabardies, uitgestorwe Oebich-dialekte), ook Turks, Russies, Engels, Arabies, Hebreeus, Duits, Persies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam Minderhede van Oosters-Ortodokse en Rooms-Katolieke Christene sowel as Abchasies-Sirkassiese neopaganisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Noordwes-Kaukasiese volke soos Abazgi (Abchasiërs, Abazyne en Oebyke) |
Sirkassiërs vorm die titulêre nasie van die Russiese deelrepublieke Adigea, Karatsjai-Tsjerkessië en Kabardino-Balkarië. Hulle tuisland is die historiese streek Sirkassië in die Noord-Kaukasus van Rusland. In die Russiese Federasie leef sowat 720 000 Sirkassiërs, maar die meeste Sirkassiërs leef in Turkye. As gevolg van die Russiese verowering tydens die Russies-Sirkassiese oorlog in 1864 het die meeste Sirkassiërs dié streek verlaat en in die destydse Ottomaanse Ryk gevestig.
Die Sirkassiërs is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam, gevolg deur klein minderhede Oosters-Ortodokse en Rooms-Katolieke Christene sowel as Abchasies-Sirkassiese neopaganisme. Die etniese groep van die Sirkassiërs is verwant aan die Abchasiërs van Abchasië en die Abazyne in die Noordwestelike Kaukasus.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.