Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kabardies (адыгэбзэ, къэбэрдей адыгэбзэ of къэбэрдейбзэ qabardejbza Adigies: адыгэбзэ, къэбэртай адыгабзэ of къэбэртайбзэ), ook bekend as Oos-Sirkassies, is ’n Noordwes-Kaukasiese taal wat nou verwant is aan Adigies. Dit word hoofsaaklik gepraat in die Russiese republieke Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië, asook in Turkye en die Midde-Ooste. Daar is 47 of 48 medeklinkers, maar net twee klinkers. Nes alle Noordwes-Kaukasiese tale het dit ’n baie komplekse werkwoordstelsel.
;
Kabardies Адыгэбзэ (Къэбэрдейбзэ) | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Rusland Turkye | |
Gebied: | Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië | |
Totale sprekers: | 1,6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Noordwes-Kaukasies Sirkassies Kabardies | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet Latynse alfabet Arabiese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Rusland | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | kbd | |
ISO 639-3: | kbd | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sommige taalkundiges reken dat Kabardies slegs ’n dialek is van Adigies of van Sirkassies, wat bestaan uit al die dialekte van Adigies en Kabardies saam. Die Kabardiërs self noem hul taal dikwels Adighabze (Adigies). Soms noem kenners die twee tale Oos-Sirkassies (Kabardies) en Wes-Sirkassies (Adigies) om verwarring te vermy. Die saak word verder bemoeilik deur Beslenei, wat gewoonlik beskou word as ’n dialek van Kabardies maar ook groot ooreenkomste toon met sekere dialekte van Adigies.
Kabardies word sedert 1936 met ’n vorm van die Cyrilliese alfabet geskryf. Tot in 1924 is dit met die Arabiese alfabet geskryf, en daarna tot in 1936 met die Latynse alfabet.
А а | Э э | Б б | В в | Г г | Гу гу | Гъ гъ | Гъу гъу |
Д д | Дж дж | Дз дз | Е е | Ё ё | Ж ж | Жь жь | З з |
И и | Й й | К к | Ку ку | КӀ кӀ | КӀу кӀу | Къ къ | Къу къу |
Кхъ кхъ | Кхъу кхъу | Л л | Лъ лъ | ЛӀ лӀ | М м | Н н | О о |
П п | ПӀ пӀ | Р р | С с | Т т | ТӀ тӀ | У у | Ф ф |
ФӀ фӀ | Х х | Ху ху | Хь хь | Хъ хъ | Хъу хъу | Ц ц | ЦӀ цӀ |
Ч ч | Ш ш | Щ щ | ЩӀ щӀ | Ъ ъ | Ы ы | Ь ь | Ю ю |
Я я | Ӏ | Ӏy |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.