From Wikipedia, the free encyclopedia
Simon Vestdijk (Nederlandse uitspraakˈsimɔn ˈvɛzdɛi̯k; 17 Oktober 1898 – 23 Maart 1971) was 'n Nederlandse skrywer en digter.
Hy is vyftien keer benoem vir die Nobelprys vir Letterkunde.[1]
Vestdijk is gebore in die klein Friese dorpie van Harlingen. Hy het geneeskunde in Amsterdam gestudeer maar hom na 'n paar jaar na die literatuur gewend. Hy het een van die belangrikste 20ste eeuse skrywers in Nederland geword.[2] Sy groot uitset as romansier is legendaries, maar hy was ten minste net so belangrik as 'n essayis betreffende onderwerpe soos literatuur, geloof, kuns en in besonder musiek. Hy het ook poësie en kortverhale geskryf. Sy werk is reeds in die meeste Wes-Europese tale vertaal.
Vestdijk is die outeur van ongeveer 200 boeke, en is daarmee een van Nederland se mees produktiewe skrywers van alle tye. Sy oeuvre bestaan uit 24 digbundels[3], 33 essaybundels, 57 novelle en kortverhale, 52 romans en 2 nagelate romanfragmente, gepubliseerde briefwisselinge en verskeie vertalings. Bowendien het hy honderde artikels vir dag- en weekblaaie geskryf. Sy werk kan nie by een bepaalde stroming ingedeel word nie. Vestdijk het homself as "een typisch romantische schrijversfiguur" gesien[4]
Vanweë sy enorme uitset noem die digter Adriaan Roland Holst hom "de man die sneller schrijft dan God kan lezen". Die omskrywing "Duivelskunstenaar" is afkomstig van Menno ter Braak. Vestdijk is vir 'n geruime tyd lank beskou as die vernaamste Nederlandse aanspraakmaker op die Nobelprys vir Letterkunde. Uit die argief vir benoemings vir die Nobelprys vir Letterkunde by die Sweedse Akademie blyk dit dat Vestdijk van 1950 tot en met 1964 nege keer benoem is vir die Nobelprys.[5]
Sy skryfstyl word gekenmerk deur "volle zinnen" met onderbrekings en korreksies. Vestdijk het De koperen tuin as sy beste werk beskou. Na sy dood het onder meer Kind tussen vier vrouwen (1972), Verzamelde gedichten (3 dele, 1971), Verzamelde verhalen (1974), Verzamelde romans (deel 2-52, 1978-1984) en Verzamelde muziekessays (10 dele, 1983-1990) verskyn.
Sy maatskaplike werk, Het wezen van de angst (687 bl.), verdien ook besondere vermelding. Dié werk is reeds in 1949 voltooi (en is opgedra aan Henricus Cornelius Rümke, die "leermeester"). Die werk is die eerste keer in 1968 gepubliseer.
Hella Haasse, Willem Brakman, Maarten 't Hart en Doeschka Meijsing word genoem as persone wat deur Vestdijk beïnvloed is. Van die jonger generasie skrywers deel Peter Buwalda 'n verwantskap met "de kluizenaar uit Doorn".
'n Verskeidenheid van sy romans is verfilm (o.a. Pastorale 1943, Ivoren wachters, Het verboden bacchanaal) of vir televisie (o.a. De koperen tuin, Op afbetaling) of hoorspel (onder meer die Anton Wachter-romans, De kellner en de levenden, De koperen tuin) verwerk.
Hier volg 'n lys van Nederlandse literêre pryse wat aan hom toegeken is:
In 1955 is Vestdijk benoem tot Ridder in die Orde van Oranje-Nassau.
Die werk en lewe van Vestdijk is deur verskeie biograwe beskryf. Nol Gregoor het in Simon Vestdijk en Lahringen veral die Anton Wachter-romans ontrafel.
In die begin van 1984 het daar 'n literêre geskil ontstaan toe Vestdijk se weduwee Mieke (na die lees van 'n "proefhoofstuk") haar medewerking aan 'n biografie deur Hans Visser stopgesit het. Visser het uiteindelik sy biografie, Simon Vestdijk, een schrijversleven, wat aanvanklik in samewerking met Anne Wadman geskryf is, in 1987 uitgegee.
In 2005 het Vestdijk, een biografie deur Wim Hazeu verskyn. In Het gebergte; de tweeënvijftig romans van S. Vestdijk (1996) gee Hugo Brandt Corstius en Maarten 't Hart hul bevindinge oor die romans weer. In Je kunt er toch bij blijven zitten? (1983) het Rudi van der Paardt vyftig kritiese resensies van die romans by hul verskyning gebundel.
Ik houd het meest van de halfland'lijkheid:
Van vage weidewinden die met lijnen
Vol waschgoed spelen; van fabrieksterreinen
Waar tusschen arm'lijk gras de lorrie rijdt,
Bevracht met het geheim der dokspoorlijnen
Want 'k weet, er is waar men het leven slijt
En toch niet leeft, zwervend meer eenzaamheid
Te vinden dan in bergen of ravijnen.
De walm van stoomtram en van bleekerij
Of van de ovens waar men schelpen brandt
Is meer dan thijmgeur aanstichter van droomen,
En 't zwarte kalf in't weitje aan den rand
Wordt door een onverhoopt gedicht bevrijd
En in één beeld met sintels opgenomen.
Van 1972 tot 1995 het daar 'n kwartaalikse "Vestdijkkroniek" verskyn (wat sedert 1999 herleef het). Vanaf 1995 verskyn 'n jaarlikse "Vestdijkjaarboek", uitgegee deur die Vestdijkkring (opgerig op 2 Februarie 1972).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.